Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deeI van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, ‘n onopvallende sanger in ‘n grot van ‘n kroeg iewers op die Kaapse suidkus is pole van mekaar verwyder, maar na ‘n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind.
Alles vir Vrydag 20 Junie 2014
Brand by Braamfontein-gebou
Een verdieping van ʼn kantoorgebou in Braamfontein, Johannesburg, is Vrydagoggend deur ʼn brand verwoes.
Hofordonnans in hof oor omkoopgeld vir seks
ʼn Adjudant-offisier wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn verhoorafwagtende uit sy sel by die Wynberg-streekshof gelaat het om seks te hê, het Donderdag in die hof verskyn.
Video: Malema uit parlement verjaag
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is Donderdagaand gevra om die parlement te verlaat nadat hy geweier het om sy aanmerking dat die ANC mynwerkers in Marikana vermoor het, terug te trek.
Jagtragedie: Seun deur maatskaplike werkers geëvalueer
Die direkteur van openbare vervolging moet besluit of die 17-jarige seun wat glo in ʼn fratsongeluk die 22-jarige Barnie Bamberger op ʼn plaas naby Ottosdal tydens ʼn jaguitstappie doodgeskiet het, vervolg gaan word.
Gedagte vir die dag: Rus
Psalm 62:2,6: “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.” (NAV)…