Verslaggewers is Sondag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gedwing om hul skoene uit te trek en te kniel voor tradisionele leiers van Venda.
Lees meerAlles vir Sondag 22 Junie 2014
Man vas oor neef se moord
ʼn 30-jarige man wat glo sy neef vermoor het, is Sondag in Willowvale in die Oos-Kaap aangekeer.
Numsa gee ongeveer R62 miljoen vir alliansie
Die vennote van die drieparty-alliansie, Cosatu, die ANC en die SAKP, het nagenoeg R62 miljoen van die vakbond Numsa ontvang, het die Sunday Independent berig.
Wonderkind bevestig toewyding aan Suid-Afrika
Suid-Afrika se jongste dokter, wat as 20-jarige gekwalifiseer het, het sy toewyding om sy land te dien, bevestig, het Rapport Sondag berig.
Swanger vrou en haar ma vermoor
ʼn 24-jarige man van Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy glo sy swanger meisie en haar ma vermoor en ʼn vriend se huis aan die brand gesteek het.
Vyf vas oor afstandbeheer-slenter
Vyf mans wat glo deel is van ʼn afstandbeheer-slenter is Saterdag in Mthatha in die Oos-Kaap aangekeer.
199 vas oor misdade in JHB
Altesaam 199 mense is oor die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem vir verskeie misdade, het die polisie Sondag gesê.
Noupoort-sentrum moet ondersoek word
Die welstand van kinders by die omstrede Noupoort-dwelmrehabilitasiesentrum in die Karoo sal weer ondersoek word ná berigte oor mishandeling, het Rapport Sondag berig.
Video: Luiperd huiwerig voor hy rooiboklam eet
Die gebruiker Anton het ʼn video van dié uiters seldsame en merkwaardige beeldmateriaal van ʼn rooibokooi wat geboorte skenk en daarna haar lam aan ʼn luiperd verloor, aan Latest Kruger Sightings gestuur.
Zuma sal vyf jaar termyn voltooi
President Jacob Zuma sal sy vyf jaar termyn voltooi, ondanks ʼn besorgdheid oor sy gesondheid, het die Sunday Times berig.
Vier liggame by goudmyn opgespoor
Die liggame van vier vermeende onwettige myners is Saterdag by ʼn goudmyn in Benoni, Gauteng, opgespoor.
Motorfietsryers sterf in twee Kaapstad-ongelukke
Twee motorfietsryers het in aparte ongelukke in Kaapstad in die Wes-Kaap gesterf, het paramedici Sondag gesê.
Gedagte vir die dag: Die regte pad
2 Kron 27:6 – Jotam het magtig geword, want hy het sy pad reg gehou voor die Here sy God. “Dit is tog snaaks dat…