Die saak van ʼn 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad, is tot Augustus uitgestel vir vonnisoplegging, berig die Volksblad.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 Junie 2014
Agri SA verwerp jongste grondhervormingsvoorstel
ʼn Nuwe grondhervormingsvoorstel dat boere 50% van grond aan plaasarbeiders moet oorhandig, is ondeurdag en onaanvaarbaar, het Agri SA Dinsdag gesê.
Graad 11-leerling pleit skuldig op moord
ʼn Graad 11-leerling het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, skuldig gepleit op die moord van ʼn veiligheidswag by die skool en roof met verswarende omstandighede.
Amcu-staking verby; ooreenkoms onderteken
Platinumvervaardigers en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Dinsdag ʼn skikkingsooreenkoms onderteken.
Seun só bang vir tandarts, hy jok oor ontvoering
ʼn 12-jarige van St Gervais in Frankryk was só bang om die tandarts te besoek, dat hy vir die polisie gejok het oor sy eie ontvoering.
Motorfietsryer se skuldigbevinding ter syde gestel
‘n Motorfietsryer van Margate, KwaZulu-Natal se skuldigbevinding en gevolglike vonnis nadat hy teen 190km/h betrap is, is Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ter syde gestel.
Video: Die “nuwe” Koöperasiestories
PG du Plessis se nuwe televisiereeks Pandjieswinkelstories is eersdaags op die kassie te sien.
Twee vas vir aanval op oud-Springbok en hengelvriende
Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem ná die aanval op drie hengelaars, waaronder die voormalige Springbok-rugbyspeler Gerhardus Sonnekus, in Port Alfred in die Oos-Kaap.
Man by Spur doodgeslaan
Ses verdagtes, waaronder vier mans en twee vroue tussen 22 en 27 jaar oud, is Sondagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Bradley du Preez by die Little Eagle Spur-restaurant in Alberton, Gauteng.
Hulp stroom in na KFC haar glo wegwys oor letsels
Hulp stroom in vir driejarige Victoria Wilcher van Mississippi in die VSA nadat personeel by ‘n KFC-eetplek haar glo gevra het om die eetplek te verlaat aangesien die letsels op haar gesig glo ander klante ontstel het.
Resep: Kits-mieliebroodjie
Gesny en met botter gesmeer is dié broodjie baie lekker saam met braaivleis.
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Die vrou van die man wat glo haar en hul vyf kinders jare lank in ‘n huis in Springs aan die Oos-Rand aangehou en aangerand het, het Dinsdag in die Springs-landdroshof verskyn.
Leef saam met… die mense van Rustenburg
Lindie Strydom deel haar ervaring van die platinumstaking en die invloed daarvan op die mense van Rustenburg. Sy verduidelik hoe mense se omstandighede haar lewe kom verander het.
Groot aardbewings ruk Alaska-eilande en Nieu-Seeland se Raoul-eiland
‘n Skudding van 7,9 op die Momentmagnitudeskaal het Alaska se Little Sitkin-eiland getref, terwyl die Raoul-eiland net noord van Nieu-Seeland deur drie skuddings sterker as M6 geskud is. Die sterkste was M6,9.
Vier vas wat glo skoolmeisies verkrag
Vier mans is oor die naweek in hegtenis geneem nadat hulle glo twee skoliere van Hoërskool Hilary in Pienaar, Mpumalanga, onlangs ná skool ontvoer en verkrag het.
Sanzar se blasers kry min kans in Rugbykampioenskap
Van Suid-Afrika se ses wedstryde in die Rugbykampioenskap sal ‘n Sanzar-blaser net in een in aksie wees. In die ander vyf sal hulle volgens die deuntjie van Europese blasers moet speel.
Midrand-gebou stort glo weens gasontploffing ineen
ʼn Gasontploffing is moontlik die rede dat ʼn gebou Maandag in Midrand in Gauteng ineengestort het.
‘Arbeidswette oor stakings moet aangepas word’
Die vakbond Solidariteit het vandag gewaarsku dat ’n lang herstelproses voorlê ná Amcu se verlammende staking in die platinumbedryf.
Uitdrukking: Iemand voëlvry verklaar
Ken jy die grusame herkoms van dié uitdrukking? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind hoekom jy skaars jou vyand voëlvry sou wou verklaar.
Man kry boete oor seks met hoender
‘n Man van Mpumalanga is in die Louw’s Creek-landdroshof buite Barberton beboet nadat hy erken het dat hy met ‘n hoender seks gehad het.