Suid-Afrika se radikale Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) was glo die inspirasie vir ‘n nuwe politieke party in Namibië genaamd die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters (NEFF).
Lees meerAlles vir Woensdag 25 Junie 2014
Christoff Becker gaan weer parool vra
Die departement van korrektiewe dienste sê hy sal ‘n dringende aansoek deur Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof vier, om weer op parool vrygelaat te word teenstaan.
Parool na hulle akteur, vriend ontvoer
Die twee mans wat betrokke was by die ontvoering van die akteur Brett Goldin en modeontwerper Richard Bloom, wat albei in 2006 vermoor is, is Woensdag op parool vrygelaat.
Hoërskool Fochville bly Afrikaans
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn skikking tussen die Gautengse onderwysdepartement en Hoërskool Fochville wat behels dat enkelmedium Afrikaanse onderrig by dié skool kan voortgaan, verwelkom.
Bejaarde stapper vermoor
‘n Bejaarde stapper is Woensdagoggend met ‘n mes doodgesteek op ‘n staproete in Kaapstad.
Jonggetroude tydens besigheidsroof doodgeskiet
Mandie Jansen van Rensburg is skaars vier maande na haar troudag tydens ʼn rooftog op haar kleinhoewe in Kroondal, buite Rustenburg in Noordwes, doodgeskiet.
Video: “Onsekerheid uit die weg geruim”
Die Môrester-plek van veiligheid in Rustenburg met sy sowat 50 kinders, gaan uiteindelik sy agterstallige staatstoelae kry.
Soedannese Christenvrou weer vry
Volgens Amerikaanse diplomatieke bronne is die Soedannese vrou, wat weens haar Christen-geloof ter dood veroordeel was, opnuut vrygelaat.
Kredietgraderingsagentskappe, hoekom is hulle belangrik?
Die kredietgraderingsagentskap Standard and Poor’s (S&P) het onlangs Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering verlaag na ʼn gradering van BBB-. Dit beteken dat beleggers ons land nou as ʼn groter risiko beskou en kan uiteindelik neerslag vind in ʼn swaarder belastinglas op Suid-Afrikaanse belastingbetalers, skryf Gerhard van Onselen.
Een van geskiedenis se grootste raaisels opgelos
Iets wat baie algemeen onder vandag se politici is – toesmeerdery – verklaar wat van ‘n Persiese leëreenheid van 50 000 man geword het, wat volgens die geskiedskrywers 2 500 jaar gelede geheimsinnig in die Egiptiese woestyn verdwyn het.
Hele ster is dalk ‘n diamant!
Wetenskaplikes meen hulle het ‘n wit dwerg sowat 900 ligjare van die aarde af gevind, wat so “koud” is dat dit waarskynlik is dat sy koolstof hoofsaaklik gekristalliseer is. Dit is ongeveer so groot soos die aarde.
Vrou sit lank na huurmoord op skoonma
‘n Vrou is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die huurmoord op haar skoonma.
Styging in brandstofprys verwag
Ná twee maande van dalings, is daar weer hoër brandstofpryse vir Suid-Afrikaners op pad.
Video: Seuntjie “ontdek” sy wenkbroue
Hier is een van die video’s wat jy amper nie kan kyk sonder om self te glimlag nie. Leon se verbasing oor wat sy eie wenkbroue kan doen, is die afgelope vyf dae reeds meer as 1.5 miljoen keer gekyk.
Drie vermeende diewe in gebou vasgekeer
Die Johannesburgse nooddienste en polisie is op die toneel waar drie mans vasgekeer is nadat ʼn gebou gedeeltelik ineengestort het.
Gedig: Katrina
ID du Plessis se gedig oor “Katrina” uit die Bo-Kaap.
Foto’s: Klopjag op grootste dwelmlaboratorium in DBN-spogbuurt
Die KwaZulu-Natalse polisie het Dinsdag geskiedenis gemaak toe hulle op die grootste dwelmlaboratorium wat nog ooit in die provinsie ontdek is, in Hillcrest, Durban toegeslaan het.
‘Nkwinti se grondplan kan tot landswye arbeidsonrus lei’
Om 50% van landbougrond te onteien is ’n roekelose voorstel wat sal kan lei tot grootskaalse arbeidsonrus in die landbousektor, volgens die sakeregtewaghond AfriSake.
Vrae oor KFC wat glo dogtertjie met letsels wegwys
Die kitskosgroep KFC sê na verskeie ondersoeke kon daar nog geen bewyse gevind word dat een van hul werknemers die driejarige Victoria Wilcher glo gevra het om een van hul eetplekke in Jackson, Mississippi te verlaat weens haar voorkoms nie.
Vier vas wat Omo-trok kaap
Vier mense, waaronder ʼn sersant van die polisie se blitspatrollie-eenheid, is in hegtenis geneem nadat ʼn vragmotor vol skoonmaakmiddels soos Omo en Handy Andy, gekaap is.