Twee mans is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Piet van den Berg op sy kleinhoewe in Cullinan, Gauteng, in Julie 2009, en poging tot moord op sy vrou Madelein.
Lees meerAlles vir Donderdag 26 Junie 2014
Motorwerktuigkundige pleit skuldig in Heyns-saak
Juan Liedeman (38) het Donderdag skuldig gepleit dat hy onwetend ʼn gesteelde motor van die vermoorde pediater, dr. Louis Heyns, besit het.
Vakbond versoek uitstel om metaalbedryfstaking te vermy
Die vakbond Solidariteit het Donderdag ‘n versoek gerig dat onderhandelinge met 21 dae verleng moet word om ‘n staking in die metaal en ingenieursbedryf te vermy. Numsa het Donderdag aangekondig sy lede is bereid om onbepaald te staak.
Numsa gaan dalk by Eskom staak
Numsa beplan volgende week stakings by Eskom-aanlegte oor loonverhogings, het die vakbond Donderdag gesê.
Foto’s: Wêrelddag teen marteling; brutaliteit van plaasmoorde uitgebeeld
AfriForum het vandag ’n verslag, waarin die brutaliteit van plaasmoorde uitgebeeld word, bekendgestel. Foto’s volg onderaan die berig.
Talle Gauteng-skole glo sonder water
Die Emfuleni-munisipaliteit, wat onder andere Vereeniging en Vanderbijlpark in Gauteng beheer, is glo sedert Woensdag besig om watertoevoer by skole in die gebied af te sny omdat die skole glo agterstallig is met erfbelasting.
Woord: oorkonkel
Lees vandag se Taaltoffie om meer oor die woord “oorkonkel” te wete te kom!
SAUK ontken dat hy Afrikaans skrap
Die SAUK het Donderdag ontken dat hy amper al sy Afrikaanse programme op SABC2 permanent na SABC3 gaan skuif.
Die naalde is nie lank genoeg om by ons harte uit te kom nie!
As mens gaan kyk na die werklike integrasie tussen studente van ras, na die hartsake en omgee vir mekaar sonder om noodwendig blind na getalle te staar, is ‘n suksesverhaal besig om homself op die NWU-Potchefstroomkampus af te speel.
Malibongwe-padwoede: Man weer in hof oor motorfietsryer se skietdood
Die motoris wat na bewering die motorfietsryer, Douglas Pearce (39), tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, het Donderdag vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Wessels-verslag oor Puk geheim gehou; vrae hang oor Afrikaner-kultuur
Die onafhanklike ondersoektaakspan se verslag oor die oriëntering en beweerde ontgroeningspraktyke by die Noordwes-Universiteit gaan nie bekend gemaak word nie, weens die moontlikheid van regsaksie teen die universiteit.
Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi
Die Noordwes-Universiteit wil nie voortgaan met klagtes wat by die Persombudsman ingedien is teen Beeld se berigte oor studente wat ‘n sogenaamde Nazi-saluut op die Puk-kampus uitvoer nie, ten spyte van die bevinding dat daar geen Nazi-praktyke op die kampus gebruik is nie.
Man met liggaamsdele betrap
ʼn 35-jarige man van Mosambiek is Dinsdag in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo met menslike liggaamsdele betrap is.
“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus”, bevind verslag
Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit, het Donderdag tydens ‘n mediakonferensie bevestig daar is nie ‘n kultuur van nazisme of fascisme by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus nie.
Video: Sokker-byter moet glo terapie ontvang
Luis Suárez, die wêreldbekerspeler van Uruguay wat vandag deur Fifa verhoor word omdat hy glo ‘n speler van Italië gebyt het, is glo ‘n ou byter.
Gebou-ineenstorting: Man se arm op toneel geamputeer
Een van die vermeende diewe wat in ʼn Johannesburgse gebou vasgekeer was nadat die gebou gedeeltelik ineengestort het, se arm moes Donderdagoggend geamputeer word om hom uit die puin te red.
Drie in hof ná grootste dwelmklopjag ooit
Die drie mans wat Dinsdag tydens ʼn dwelmklopjag by die grootste dwelmlaboratorium tot dusver in Suid-Afrika in hegtenis geneem is, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.
Ma gevonnis wat kind uit weerwraak versmoor
ʼn Vrou wat haar seun met ʼn kussing versmoor en daarna sy liggaam aan die brand gesteek het uit weerwraak vir haar voormalige man, is Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis.
Drie vas ná hul glo hond onthoof en wou eet
“Dit was ʼn toneel om van naar te word. Ek eet skaars sedert verlede Donderdag”. Só beskryf Suzette Kotzé van die DBV ʼn toneel waar twee mans van Nigerië en ʼn Suid-Afrikaanse vrou in ʼn gegoede woonbuurt in Klerksdorp in Noordwes ʼn hond onthoof, en wou eet het.
Boek: Hoop – ons lewensanker
Adrio König ondersoek in Hoop – ons lewensanker die lyn van hoop deur die Bybel: die hoop wat deur die Ou Testament loop dat God sy volk sal onderhou, dwarsdeur die Nuwe Testament tot vandag.