Prof. Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch , is Saterdagoggend oorlede.
Alles vir die maand Junie 2014
Tshwane-metro wil glo twee hoë’s skors
Die Tshwane-metroraad het aangedui dat hy sy hoof finansiële beampte en strategiese uitvoerende direkteur in die stadsbestuurder se kantoor wil skors, berig die Saturday Citizen.
Gevangene sterf na hy 20 kondome sluk
‘n Thaise gevangene is dood nadat hy 20 kondome wat met die dwelmmiddel metamfetamien gevul was, gesluk het.
Petisie oor haar jagfoto’s op Facebook
Meer as 37 000 mense het reeds ‘n petisie onderteken wat versoek dat Facebook ‘n beroepsjagter van Texas op dié sosiale netwerk verbied aangesien sy “dieremishandeling bevorder.”
Solidariteit verlaag Eskom-looneis
Die vakbond Solidariteit het aangedui dat hy sy looneis aan Eskom gaan verlaag ten einde die gaping tussen die werkgewer se aanbod en sy eis te verklein.
AfriForum vra SAUK vir duidelikheid oor Afrikaanse TV-uitsendings
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n dringende skrywe aan die SAUK gestuur en duidelikheid versoek oor die toekoms van Afrikaanse programme op die openbare uitsaaier se televisiekanale.
Man sterf in R21-botsing
‘n Man is dood en nog ‘n persoon het ernstige beserings opgedoen nadat ‘n vragmotor en ‘n motor vroeg Saterdagoggend op die R21 naby die Tembisa-afrit gebots het.
Cosatu: ‘Regering twyfel oor e-tol’
Cosatu sê die premier van Gauteng, David Makhura, se besluit om ‘n paneel aan te stel om e-tol te hersien, wys dat die regering twyfel oor die omstrede stelsel.
Gedagte vir die dag: Egte wonders
Mark 1:42-44 – “Sy melaatsheid het onmiddellik verdwyn en hy het gesond geword. Jesus het hom dadelik weggestuur, nadat Hy hom ernstig aangespreek en vir…
Video: Nuwe intrekkers by Mystic Monkeys
Daar is ‘n groot groep nuwe emigrante wat die afgelope paar weke na Limpopo verhuis het. Hulle kom van so ver as Kenia en Suid-Asië, en hulle het almal vier pote.
Video: Ontgroening by NWU verbied
Alle ontgroeningspraktyke by die Noordwes-universiteit is verbied, al het ‘n onafhanklike taakspan bevind die omstrede Nazi-saluut wat tydens ontgroening op die Potchefstroom-kampus gebruik is, is nie ‘n fascistiese gebaar nie.
Video: Pa hoor regstreeks op TV sy vermiste seun is veilig
ʼn Pa van Detroit in Amerika is regstreeks op televisie in kennis gestel dat sy vermiste seun in hulle huis se kelder opgespoor is. Die stiefma is intussen in hegtenis geneem.
E-tol in Gauteng gaan hersien word
David Makhura, premier van Gauteng, het Vrydag planne aangekondig om e-tol in die provinsie te hersien
Twee sussies sterf in Bloem-ongeluk
Twee sussies, onderskeidelik drie en 10 jaar oud, is Vrydagmiddag dood en hul ma en ouma beseer toe hul motor op die N6, 30 km buite Bloemfontein gerol het.
Verhoging in petrolprys aangekondig
Die departement van energie het Vrydag gesê die petrolprys sal volgende week Woensdag met 29 sent styg.
ʼn Luiperd van ʼn ander kleur
Akwaaba Lodge en Roofdierpark net buite Rustenburg in Noordwes, huisves nou die eerste donkerblondkleurige (strawberry) luiperd, wat in aanhouding gebore is.
Video: Kul jou hier, kul jou daar
ʼn Kulkunstenaar het onlangs beoordelaars van die televisieprogram America’s Got Talent se monde laat oophang en dié video maak nou opslae op sosiale media. Sy kulkunsies is reeds meer as 8.5 miljoen keer op YouTube gekyk.
Liefdesdriehoek eindig in dubbele selfmoord
Morné de Bruin (34) is Donderdag uit die NG Kerk Culembeeck in Witpoortjie, Roodepoort, begrawe ná ʼn liefdesdriehoek glo in ʼn dubbele selfmoord geëindig het.
Lonmin-werker sterf glo weens epilepsie
ʼn Lonmin-werker is dood nadat hy glo by die myn se K3-opleidingsentrum ʼn epileptiese toeval gekry het.
Baie gebruik laggas om partytjies op te kikker
Is ‘n opskop te saai om die gemoed bietjie te lig? Geen probleem nie, neem net ʼn teug of wat laggas, en die partytjie is ‘n hele ander gedoente.