Die polisie ontken dat die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir ‘n hartaanval gehad het en sê daar is ‘n selfoon en ander items in sy besit gevind.
Lees meerAlles vir Woensdag 2 Julie 2014
Centurion-krag: ‘Dit was sabotasie’; munisipale amptenare ook ondersoek
Kgosientso Ramakgopa, uitvoerende burgemeester, het aangekondig dat daar ‘n kriminele ondersoek gedoen gaan word na sabotasie by Centurion-substasies en dat munisipale amptenare deel sal vorm van die ondersoek.
SAL-vlieënier vas oor hy glo klere uittrek by lughawe
‘n Vlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is by die Harare Internasionale Lughawe in Zimbabwe in hegtenis geneem nadat hy glo sy klere uitgetrek het, berig The Herald.
Gesondheidsdepartement se gebou glo met petrolbom bestook
Die departement van gesondheid het bevestig dat daar Woensdagmiddag ‘n brand by sy gebou in die Pretoriase middestad was nadat daar glo ‘n petrolbom na die ingang van die gebou gegooi is.
Seun beseer na Leeukop-val
‘n Tienjarige seun is beseer nadat hy gegly en geval het by Leeukop in Kaapstad.
Vyf bakkies tydens “goedbeplande rooftog” gesteel
ʼn Aantal gewapende mans het Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn perseel in Rosslyn, Pretoria toegeslaan waar Nissan-bakkies gestoor word, en vyf bakkies gesteel.
SA suig aan agterspeen met breëband
Suid-Afrika se swak vertoning in die vestiging van breëband-internettoegang is te wyte aan die departement van kommunikasie se swak vertoning oor baie jare, aldus die nuuswebwerf, Mybroadband.
Die “ou Suid-Afrika” en Afrikaans
Het die “ou bedeling” van voor 1994 Afrikaans bevoordeel of benadeel? vra prof. Jaap Steyn, bekende biograaf en kultuurhistorikus.
Man 8 jaar ná moord en verkragting vasgetrek
ʼn 40-jarige man wat daarvan verdink word dat hy ʼn bejaarde vrou in die Oos-Kaap verkrag en vermoor het, is Woensdag, agt jaar ná die voorval, in hegtenis geneem.
Oscar Pistorius ly aan stresverteuring
Die Pretoriase hooggeregshof het Woensdag gehoor die moordbeskuldigde Oscar Pistorius ly aan posttraumatiese stresversteuring (PTSV) en daar bestaan ʼn risiko dat hy kan selfmoord pleeg.
PE-casino beroof
Twee gewapende mans het Dinsdag die Boardwalk Casino in Port Elizabeth in die Oos-Kaap beroof.
Daryl Impey toets positief vir verbode middel
Die Suid-Afrikaanse fietsryheld Daryl Impey het positief getoets vir ‘n verbode middel.
SANParke ondersoek “toneel uit riller”
“Die bloed het soos ʼn toneel uit ʼn riller oor die wildbewaarder gespat”. Só beskryf ʼn tiener die toneel toe wildbewaarders van die Krugerwildtuin glo ʼn dooie renoster voor besoekers onthoring het.
Oud-pres. Sarkozy van Frankryk vir korrupsie vervolg
Oud-president Nicolas Sarkozy van Frankryk gaan van onder meer korrupsie en die uitlek van staatsgeheime aangekla word, luidens Franse amptenare.
Finale agt vir Sokkerwêreldbeker bekend
Die laaste agt spanne wat dit vanjaar om die Fifa Sokkerwêreldbeker gaan uitspook, is bekend.
Gedig: Pot wat praat
MM Walters se gedig, “Pot wat praat”
Krejcir in hospitaal opgeneem
Die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir word in ʼn gevangenis se hospitaal behandel nadat hy glo siek geword het.
Menseregtekommissie gaan plaasmoorde-verhoor hou
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het in ’n skrywe aan die burgerregte-organisasie AfriForum bevestig dat hulle besluit het om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou.
Oulike sokkerfoto versprei soos ‘n veldbrand
ʼn Foto van ʼn sokkerspeler van Australië wat ʼn kind se skoenveters vasmaak, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Video: Taxi’s ontwrig Nelspruit-verkeer; Innibos skop af
Verkeer in Nelspruit in Mpumalanga is Woensdagoggend vir ‘n tweede keer die week erg ontwrig weens taxibestuurders wat paaie in en om die dorp versper het.