ʼn Vyfjarige kind is toegelaat om na Suid-Afrika terug te keer ná die Wes-Kaapse hooggeregshof ingegryp het. Die kind is glo vroeër kragtens nuwe immigrasiemaatreëls as onbepaald ongewens verklaar, berig die Saturday Star.
Lees meerAlles vir Saterdag 5 Julie 2014
Sy sê “ja” op Tafelberg
Talle persone het Saterdagoggend vroeg die koue aangedurf om sneeu op Tafelberg in Kaapstad te gaan soek. Een jong man het die geleentheid gebruik om die ja-woord te vra.
Nog sneeu word verwag
Ligte sneeuval word Saterdagaand oor die Drakensberge en berge in Lesotho en KwaZulu-Natal verwag.
Byna R60 000 vir ‘n trossie druiwe
Paartjies by ʼn Japannese trouvenue gaan bederf word met druiwe wat bykans R60 000 per trossie kos.
Video: Herrie los oor jagkompetisie
‘n Spogskool in die Wes-Kaap het sommige diereliefhebbers die josie in. Mense vanoor die wêreld het reeds ‘n aanlynpetisie onderteken waarin hulle Paul Roos-Gimnasium vra om sy beoogde jagkompetisie te laat vaar.
Polisiebeampte doodgeskiet toe hy glo steel
ʼn Vermeende rower wat later as ʼn polisiebeampte uitgeken is, is dood en nog ʼn man gewond ná ʼn skietery tydens ʼn gewapende roof in Umzinto, KwaZulu-Natal.
Video: Maak ‘n blikkie oop sonder ‘n blikoopmaker
Al ooit gewonder hoe jy blikkieskos kan oopmaak as jy nie ‘n blikoopmaker of enige ander gereedskap het nie?
26 vas oor stakingsgeweld, intimidasie
Altesaam 26 mense is in Gauteng in hegtenis geneem in verband met intimidasie, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging tydens die staking in die metaal- en ingenieursbedryf. Foto’s van skade wat aangerig is volg onderaan die berig.
Sun City-staking beëindig
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Vrydag gesê die staking by Sun City in Noordwes is Vrydag opgelos.
Staking by Implats-myn in Limpopo
Nagenoeg 2 000 mynwerkers van Impala Platinum se Marula-myn in Limpopo het Vrydag begin staak, het Eyewitness News berig.
Foto’s en video: Tesla ontplof, skeur in twee tydens ongeluk
Een persoon is dood en minstens ses mense is Vrydagoggend in Wes-Hollywood in Amerika beseer toe ʼn gesteelde Tesla-motor ontplof en in twee geskeur het ná ʼn wilde jaagtog met die polisie.
Inspekteur vas oor omkoopgeld
ʼn Munisipale geboueinspekteur is Vrydag in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld geëis het.
Gedagte vir die dag: Wanneer seën in vloek verander
Mark 2:1 – “Toe Jesus ná ʼn paar dae weer in Kapernaum kom, het dit bekend geword dat Hy by die huis is”. Kapernaum was…