‘n Vliegtuig-entoesias het sy videokamera byderhand gehad toe twee passasiersvliegtuie amper op Barcelona se El Prat-lughawe gebots het.
Lees meerAlles vir Maandag 7 Julie 2014
Man moor glo vrou, spring van brug
‘n Vrou is met ‘n mes doodgesteek by ‘n winkelsentrum in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal en haar vermeende moordenaar is kritiek beseer nadat hy glo van ‘n brug af gespring het.
Tshwane-metro skors twee hoë’s
Die Tshwane-metroraad het bevestig dat hy twee senior amptenare geskors het.
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, het Maandag gesê sy sal haar samewerking gee in die Nasionale Dierebeskermingsvereniging se ondersoek na die beweerde haglike omstandighede op haar plaas.
Ses ontsnap uit aanhouding
Die polisie in Mpumalanga het ‘n reuse soektog van stapel gestuur nadat ses mans uit polisie-aanhouding in Hazyview ontsnap het.
Groot aardbewing skud Meksiko
‘n Baie sterk aardbewing wat 7,1 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het pas in die suide van Meksiko geskud.
Haai gryp langafstandswemmer in Kalifornië
Steven Robles, ‘n langafstandswemmer, is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag aan die kus van Manhattan in die suide van Kalifornië deur ‘n witdoodshaai aangeval is.
Oscar: Verdediging mag nie met staatsielkundige praat nie
Regter Thokozile Masipa het Maandag beslis dat die moordbeskuldigde Oscar Pistorius se regspan nie die staat se sielkundige, Carla Kotze, mag konsulteer nie.
Tuynhuys ontruim oor rook
Tuynhuys, president Jacob Zuma se kantore by die parlement in Kaapstad, moes Maandagoggend vir ‘n kort rukkie ontruim word.
Boer op plaas in Limpopo vermoor
Rudolph Pretorius (54) is Maandagoggend dood nadat hy en sy vrou op hul plaas tussen Groblersdal en Dennilton in Limpopo aangeval is.
Nuuskommentaar: Om Die Stem te sing
‘n Storm het losgebars omdat Steve Hofmeyr “Die Stem” tydens die Innibosfees saam met nog sewe FAK-liedjies gesing het. Het Steve reg of verkeerd opgetree? Herman Toerien neem die situasie onder die loep.
Vermiste bejaarde se liggaam gevind
Die liggaam van Sakkie Freidberg (86) is die naweek naby ‘n munisipale swembad in Polokwane, Limpopo gevind nadat hy vir twee dae vermis was.
Ma wat glo kinders vermoor pleit skuldig
Tania Clarence, ʼn vrou van Suid-Afrika wat daarvan beskuldig word dat sy haar drie gestremde kinders in Engeland vermoor het, het Maandag skuld erken tydens ‘n hofverskyning.
Reitz-aanval: Suster (83) sterf, broer (86) beseer
‘n Bejaarde broer en suster is vroeg Sondagoggend in hul huis in Reitz in die Vrystaat aangeval.
Plaasaanval: Boer gewond, verdagte doodgeskiet
‘n 47-jarige boer van Reitz in die Vrystaat is deur drie gewapende mans oorval en geskiet op sy plaas in die Daniëlsrus-omgewing.
Sokker: Wêreldbeker op ‘n mespunt
Brasilië speel Dinsdag in Belo Horizonhte teen Duitsland in die halfeindstryd van vanjaar se wêreldbekertoernooi, terwyl Argentinië en Nederland Woensdag in Sao Paulo mekaar die stryd aansê.
Kragtoevoer na Kempton Park herstel
Die elektrisiteitstoevoer na Kempton Park is weer herstel na daar verlede week ‘n ontploffing by ‘n substasie was.
Man skiet glo vrou, skoonsuster
‘n 33-jarige man van Noordwes is die naweek in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en skoonsuster doodgeskiet het en nog twee mense gewond het.
Vermeende reeksverkragter aangekeer
ʼn Vermeende reeksverkragter wat jong seuns in Evaton en De Deur in Gauteng geteister het, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
Foto’s: Dis wat Oscar-video wys
Die video waarin Oscar Pistorius gebeure uitbeeld van die aand wat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het, wys onder meer hoe hy op sy stompies loop en hoe hy sy suster by die trappe af dra.