‘n Bergklimmer se bevrore lyk is in die Mont Blanc-streek van die Franse Alpe gevind, 32 jaar nadat hy vermis geraak het.
Lees meerAlles vir Woensdag 9 Julie 2014
André Visagie kry tronkstraf
André Visagie, leier van die Geloftevolk Republikeine, is in die Kimberley-streekhof tot tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
SANParke verwelkom stropers se vonnis
SANParke het Woensdag die vonnisoplegging van twee Mosambiekse stropers verwelkom.
Eugene de Kock hoor Donderdag oor parool
Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, sal Donderdag bekend maak of Eugene de Kock op parool vrygelaat gaan word.
‘Kannibaal-moord’: Verdagte pleit selfverdediging
‘n Man wat glo ‘n ander man vermoor en sy hart geëet het, beweer hy het uit selfverdediging opgetree, het die Athlone-landdroshof in Kaapstad Woensdag gehoor.
Meisie sterf na botsing wat ma en sussie eis
’n Agtjarige meisie is in die hospitaal oorlede nadat sy verlede week ernstig beseer is in ‘n motorongeluk wat haar ma en sussie se lewens geëis het.
Man ontvang meer as R600 000 om aartappelslaai te maak
Zack Danger Brown wou net ʼn aartappelslaai maak, en nou is hy reeds bykans R630 000 ryker.
Voetgangers met speelgoedgeweer beroof
Drie voetgangers is glo deur mans met ʼn speelgoedgeweer in Johannesburg se middestad beroof, het die polisie Woensdag gesê.
Video: Tweeling amper ontvoer by winkelsentrum
Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe ‘n vierjarige tweeling glo amper ontvoer word by die Zambezi Junction-winkelsentrum in Montana, noord van Pretoria.
Polisievakbond eis ondersoek oor etes en verblyf
Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) het Woensdag die nuwe polisieminister, Nkosinathi Nhleko, versoek om dringend stappe te doen teen diegene wat betrokke is by ʼn verblyf- en ete-skandaal van R45 miljoen.
Nuwe oorlog tussen Israel en Hamas op hande
Israel het 40 000 reserviste opgeroep vir ‘n grondoffensief om die Gasastrook in te val om stabiliteit vir Israelse burgers in die suide van die land te verseker, die militêre kapasiteit van Hamas te vernietig en die terroriste se infrastruktuur te vernietig, aldus ‘n militêre communiqué van Israel.
Plaasgesin vas oor wapens
‘n Man en vrou en hul twee kinders is Dinsdag op hul plaas in Genadendal in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Vermiste toeris gevind
‘n Amerikaanse toeris wat Maandag in die Cederberge in die Wes-Kaap vermis geraak het, is Woensdagoggend gevind.
Florence – die blom van Italië
Florence is ‘n prutpotmengelmoes van geskiedenis, kuns en kultuur wat soveel het om aan te bied dat jy ten minste ‘n week nodig het om dit behoorlik te “proe”. En dan wil jy langer bly om dit te waardeer. Lees gerus Marianne se artikel oor Florence as jy ‘n vakansie daarheen beplan, en as jy nie só gelukkig is nie, lees dit sodat jy kan wens jy was daar…
Nog ‘n polisiebeampte doodgeskiet
‘n Polisieman is Woensdagoggend in Temba in Hammanskraal, noord van Pretoria, tydens ‘n rooftog doodgeskiet.
En toe slaan die Christene die pastoor!
Mens slaan nie sommer net ‘n boemelaar nie, al drink hy jou wyn! Maar daar is ‘n paar verskille tussen die pastoor se vermomming as boemelaar en wat Jesus in Matt 25:31-46 gesê en self gedemonstreer het (Jesus het byvoorbeeld die wyn méér gemaak, nie minder nie), skryf Jaco Strydom.
Gedig: Die kombuis as self
“Die pot koffie trek stadig maar seker; die moer herinner aan ander kombuise, ander liefdes.” Joan Hambidge se gedig.
Frikkie du Preez vra weer parool
Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof vier, het ‘n dringende aansoek gebring om weer op parool vrygelaat te word, berig Beeld.
Erge armoede neem wêreldwyd af – VN-verslag
Baie erge armoede het wêreldwyd afgeneem sedert wêreldleiers in die jaar 2000 ooreengekom het om erge armoede teen 2015 met die helfte te verminder.
Die kat kom weer…
‘n Kat wie se eienaar van Londen na Leeds verhuis het, se kat is nege weke nadat dit in Leeds verdwyn het, in Londen opgespoor.