ʼn Brand het Vrydag by die Nestle Cremora-fabriek in Potchefstroom, Noordwes, uitgebreek.
Lees meerAlles vir Vrydag 11 Julie 2014
Michael Schumacher sterk glo aan
Michael Schumacher se vrou het gesê haar man sterk aan nadat hy verlede maand uit ʼn koma wakker geword het en na ʼn hospitaal in Switserland oorgeplaas is.
Sielkundige waarneming vir hofordonnans oor omkoopgeld vir seks
ʼn Hofordonnans, wat glo R150 omkoopgeld aanvaar het om ʼn verhoorafwagtende gevangene toe te laat om seks met ʼn gevangene se meisie te hê, is Vrydag vir 30 dae sielkundige waarneming gestuur.
Vermeende kabeldief erg beseer toe hy skok
ʼn Man het Vrydag brandwonde opgedoen nadat hy ʼn elektriese kabel naby ʼn treinstasie in New Canada, in die suide van Johannesburg, gesny het.
Vavi wil alle bande met Israel verbreek
Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, het die regering Vrydag versoek om onmiddellik alle diplomatieke bande met Israel te verbreek.
15 kore uit SA neem deel aan Wêreldspele
Altesaam 15 kore van Suid-Afrika neem tans aan die Wêreldspele vir Kore in Riga, Letland deel. Die universiteitskoor van Stellenbosch is bo-aan die wêreldranglys van kore en een van die kore wat die land verteenwoordig.
‘Plaasmoord naby Leandra al vir maande nie ondersoek’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn klag by die polisie se provinsiale kommissaris in Mpumalanga teen die Leslie-polisiestasie naby Leandra ingedien, ná hulle glo steeds nie ʼn ondersoek rakende die grumoord op Tony Naudé (64), ’n plaasboer, van stapel gestuur het nie.
Hond-sleep: Man weer in hof
‘n Wes-Kaapse man wat glo sy hond agter sy motor aangesleep het, het Vrydag in die Knysna-landdroshof verskyn.
Video en foto’s: Olifant ‘huil’ na redding
‘n Foto van ‘n olifantbul wat ‘huil’ nadat hy glo na langer as 50 jaar uit aanhouding gered is, het sosiale media aan die gons.
Video: Só bars ‘n groot ballon
Die Slow Mo Guys het ‘n groot 1.8 meter ballon in die hande gekry en probeer in dié video om die ballon te bars. Die video is reeds meer as 56 miljoen keer op YouTube gekyk.
OB gaan Motsoeneng-aanstelling ondersoek
Thuli Madonsela, openbare beskermer, gaan ‘n nuwe ondersoek van stapel stuur na Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, nadat hy permanent in sy pos aangestel is.
Indrukwekkende vuurbal slegs ruimterommel
ʼn Vuurbal wat in Australië deur die lugruim getrek en opslae op sosiale media gemaak het, is glo rommel van ʼn Russiese vuurpyl.
Numsa sê dalk gou oor hersiene aanbod
Numsa sê hy is besig om met sy lede te vergader oor ‘n hersiene aanbod van werkgewers in die staal- en ingenieursbedryf.
Benoni-paartjie verskyn in hof oor kindermishandeling
ʼn Paartjie van Benoni, wat daarvan verdink word dat hulle hul sewe week oue babaseuntjie mishandel het, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Tuks bevestig hy oorweeg koshuisveranderings
Die Universiteit van Pretoria oorweeg om eerstejaarstudente en seniorstudente van mekaar te skei deur hulle in verskillende koshuise te plaas, het Beeld Vrydag berig.
VSA al meer polities gepolariseerd – navorsing
Analiste se onlangse stellings dat die gevoelens tussen ondersteuners van die twee vernaamste politieke partye in Amerika na vyandskap aan die omsit is, blyk nie volkome verkeerd te wees nie.
Valke ontken klopjag is oor Zuma-spioenasiebande
‘n Klopjag by ‘n personeellid van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se huis was om bewerings van korrupsie te ondersoek en nie ‘n soektog na die sogenaamde spioenasiebande nie, het die Valke Vrydag gesê.
Motsoeneng gaan minister vra oor lisensies vir joernaliste
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, gaan ‘n formele voorlegging aan die minister van kommunikasie maak dat joernaliste lisensies moet hê om te praktiseer, berig The New Age.
Woord: trewwa en treusel
Werk daar trewwas saam met jou wat so treusel deur die dag? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind!
Nuuskommentaar: De Kock, Derby-Lewis en Die Stem
Daar is belangrike verskille, en daar is belangrike ooreenkomste. Onder die ooreenkomste is beide se versoeke vir vergifnis. Onder die verskille tel die tydsberekening van die dade, en die persepsies oor opdragte – en meer spesifiek, onwettige opdragte.