Een man is dood en ses persone beseer nadat twee voertuie Sondagmiddag naby Potchefstroom in Noordwes gebots het.
Alles vir Maandag 14 Julie 2014
Maroela Media Top 20 14 Julie 2014
Tweede kans- Riana Nel As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis Shut up en soen my- Kerry-Lee Jim Muller-keurspel nr. 1- Rocco de…
WAT Woord van die Week: domkrag
Die WAT Woord van die Week is “domkrag”. Lees vandag se Taaltoffie om meer oor dié woord uit te vind!
Man tydens familiekuier vermoor
ʼn Man is Sondag tydens ʼn familiebyeenkoms by ʼn huis in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek en ses mense is beseer.
Motor bars deur muur toe sy kosmaak
ʼn Vrou van Germiston in Gauteng het Sondag ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn motor deur haar kombuismuur gebars het terwyl sy kos gemaak het.
Ermelo-fietsryer sterf
ʼn Fietsryer is Sondag buite Amsterdam in Ermelo, Mpumalanga dood nadat hy van sy fiets afgeval het.
Duitsland is wêreldbekerkampioene
Duitsland het Sondagaand vir die vierde keer die Sokkerwêreldbeker omhoog gehou nadat hulle Argentinië met 1-0 geklop het.
Gedagte vir die dag: Veilig by die Here
Ps 57:2 – Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is. “Ek was na die veldbrand baie mismoedig. Al ons weiding was…