David Johns van Australië het Sondag ʼn indrukwekkende video op YouTube gelaai om sy 1999 Holden Barina-luikrugmotor te verkoop.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 Julie 2014
Rooftog by Centurion Mall
‘n Groep mans het Dinsdagaand op die Telkom-winkel by Centurion Mall in Gauteng toegeslaan.
Afrikaans op TV: VF Plus sê SAUK-besluit is onwettig
Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê die SAUK se besluit om Afrikaanse programme van SABC2 na SABC3 te skuif, is onwettig.
Konfrontasie het “geen invloed” op Oscar se saak
Die hoofspeurder in die Oscar Pistorius-moordverhoor het Dinsdag gesê ʼn beweerde konfrontasie by ʼn nagklub in Johannesburg het geen invloed op die saak nie.
Slegte nuus vir motoriste
Die Automobiel Assosiasie het Dinsdag gewaarsku dat die petrolprys volgende maand weer kan styg.
Man verloor appèl oor k-woord
Die appèlhof in Bloemfontein het Dinsdag ‘n man se appèl oor die gebruik van die k-woord van die hand gewys.
Bussie-ongeluk: “Ons gaan nie nou die masjiene afsit nie”
Die Homan-gesin het Dinsdag nóg goeie nuus gekry toe ʼn dokter aan die gesin gesê het dat hy nog nie die masjiene, wat hul 10-jarige seun aan die lewe hou, wil afskakel nie.
Resep: Kolahoender
Beïndruk jou gesin met dié maklike resep vir die lekkerste hoenderstukkies!
Uitdrukking: Iemand se hare het gerys
Het jou hare al gerys van skok of ‘n groot skrik? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor dié uitdrukking!
Modise se broer se plaas word dalk óók ondersoek
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag glo ʼn hofbevel bekom om Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se broer se plaas te ondersoek ná bewerings van diereverwaarlosing ook by sy plaas aangemeld is.
Woede oor ANC-vrywilliger se uitlating
‘n Vrou wat glo aan die hoof gestaan het van die ANC se sosiale media-verkiesingsveldtog in die Wes-Kaap, het ‘n herrie op sosiale media ontketen na sy glo anti-Semitiese uitsprake gemaak het.
E-tol-vervolging kom dalk
Motoriste wat nie hul e-tolrekeninge betaal nie, gaan dalk binnekort vervolg word.
AfriForum lê klag oor Afrikaans op SAUK-TV
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy sal die verskraling van die SAUK se TV-aanbod in Afrikaans op alle moontlike maniere teenstaan.
Moskou-moltreinongeluk eis 12
Minstens 12 mense is Dinsdagoggend dood en meer as 120 beseer toe ‘n moltrein in Moskou tydens spitstyd sowat 200 meter van ‘n stasie af ontspoor het.
Bussie-ongeluk: Ouers waak by seun se bed, wag op nuus
Marlene en Hercules Homan, die ouers van ʼn 10-jarige seun van Hendrina in Mpumalanga wat breindood verklaar is nadat ʼn minibus hom getref het, waak by hul seun se hospitaalbed.
Man sterf in N14-botsing wat verkeer erg ontwrig
Verkeer is Dinsdagoggend erg ontwrig op die N14-snelweg in die Muldersdrift-omgewing, wes van Johannesburg, na ‘n botsing waarin een persoon dood en drie beseer is.
Gevaarlike misdadiger op vrye voet in Pretoria
Die polisie is op soek na ʼn gevaarlike misdadiger wat Sondagaand uit aanhouding by die Brooklyn-polisiestasie in die ooste van Pretoria ontsnap het.
Poskantoorwerkers staak
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het Dinsdag bevestig dat 270 tydelike werknemers tans aan ʼn onbeskermde staking deelneem.
Oscar Pistorius: “Hy het Zuma se familie en ons vriende beledig”
Oscar Pistorius het glo Saterdagaand tydens ʼn onderonsie by ʼn kuierplek in die luukse Michelangelo Towers in Sandton, Johannesburg, president Jacob Zuma se familie en sy eie vriende beledig.
Nuuskommentaar: Resep vir struggle-uitsaaiwese en kluitjies
Soos sake nou staan, weet die kliënt omtrent net dat hy met sy lisensiegeld ‘n verrassingspakkie aanskaf. Hy weet wat hy nié op TV gaan kry nie – byna geen regstreekse sport nie, bitter min Afrikaans, bitter min kykbare programme waarvan die grootste gros wat daar wel is, in elk geval eers na gewone mense se slaaptyd uitgesaai word.