‘n Seevliegtuig het amper bo op ‘n walvis geland in Alaska.
Alles vir Woensdag 16 Julie 2014
Centurion Mall: Nóg ʼn selfoonwinkel in PTA beroof
Drie selfoonwinkels is die afgelope drie weke in gewilde winkelsentrums in Pretoria beroof.
Gedig: Heimwee
Suid-Afrika se natuurskoon is selfs nog mooier wanneer jy onverwags in ‘n ander land betrap word en met heimwee terugverlang. Lina Spies se gedig, “Heimwee”
Video: Meisie (3) word wakker by begrafnis, sterf weer
‘n Driejarige meisie van die Filippyne het glo tydens haar begrafnis wakker geword maar is kort daarna weer dood.
Dalk oudste rasse-oorlog 13 000 jaar gelede
Die noorde van Soedan, aan die oostelike oewer van die Nyl, was moontlik die toneel van die oudste rasse-oorlog.
28 beseer weens ‘erge turbulensie’ op SAL-vlug
Altesaam 28 mense is Woensdagoggend beseer nadat ʼn vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), “erge turbulensie” tussen Johannesburg en Hongkong ervaar het.
Video: Nuwe kaart van Mars gaan baie help
Die Amerikaanse Geologiese Opnamesentrum, die USGS, het die mees omvattende geologiese kaart van Mars bekend gestel.
Gesin helder oordag aangehou, beroof
ʼn Gesin is Dinsdag in hul huis in Heidelberg, Gauteng, deur drie gewapende mans aangehou en beroof.
Mortimer soek net aandag, sê Oscar Pistorius se familie
Die man wat beweer dat hy by ‘n kuierplek in ‘n onderonsie met Oscar Pistorius betrokke was soek net aandag, het Pistorius se familie in ‘n verklaring gesê.
Nuuskommentaar: Zuma-kabinet skitter in sy afwesigheid
In verhouding met sy bevolking, is die Zuma-kabinet net so groot soos die ganse Amerikaanse Kongres, wat die senaat en Huis van Verteenwoordigers insluit. Dit is nog vroeg, maar dit lyk of hierdie kabinet eerder die wind vang omdat hulle nie die regte dinge doen nie, as om die land se talryke probleme op die regte manier aan te spreek.
Vrou vas vir huurmoord op polisieman
ʼn 33-jarige vou en ʼn vermeende huurmoordenaar verskyn Woensdag in dorp se landdroshof in verband met ʼn polisiebeampte van Ladysmith in KwaZulu-Natal se onlangse “goed beplande moord”.
Een sterf in N4-kettingbotsing
ʼn Man is Dinsdag dood en 14 ander mense beseer tydens ʼn kettingbotsing op die N4-snelweg naby Middelburg in Mpumalanga.
Ebola-sterftes styg steeds
Die dodetal in Wes-Afrika se Ebola-uitbreking het tot 603 gestyg, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Dinsdag gesê.
458 kinders uit mishandeling gered
Altesaam 458 kinders is Dinsdag uit ʼn huis in Mexiko gered waar hulle glo moes bedel vir geld en seksueel mishandel is.
Disney World-werkers vas oor kinderpornografie, prostitusie
Minstens 35 persone is al sedert 2006 by Disney World in Amerika vir seksmisdrywe met kinders in hegtenis geneem, het ʼn woordvoerder van dié vermaaklikheidspark Dinsdag bevestig.
Gedagte vir die dag: God se vreemde roeping
Hand 7:3 – “Trek uit jou vaderland uit, weg van jou familie af, en gaan na die land toe wat Ek vir jou sal wys”….