Perlemoen met ʼn geskatte straatwaarde van sowat R3,8 miljoen is Donderdag tydens ʼn klopjag by ʼn plaas in Philadelphia, noord van Kaapstad, gevind.
Alles vir Vrydag 18 Julie 2014
Video: Minstens 20 reeds dood na Israel met grondaanval begin
Minstens 19 Palestyne en ‘n Israeliese soldaat is reeds dood nadat Israel met ‘n grondaanval in Gasa begin het.
Verkragter, moordenaar swaar gevonnis
Ntokozo Skhumbuzo Mthimkhulu (32) is Donderdag in die hooggeregshof in KwaZulu-Natal swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan aanklagte van verkragting en moord op vroue.
SA man was op vlug MH17
Cameron Dalziel, ‘n Suid-Afrikaner van Durban, was een van die passasiers op vlug MH17 wat in die Oekraïne neergeskiet is.
Motorfietsryer sterf in tref-en-trap op N1
ʼn Motorfietsryer is laat Donderdagaand vermoedelik tydens ʼn tref-en-trap-ongeluk op die N1-snelweg in Johannesburg doodgery.
Nóg ʼn NW-plaas met verwaarloosde diere gevind
Varke is verwaarloos en het gevrek op ʼn plaas wat aan die staat behoort, buite Hartbeesfontein in Noordwes, het die DA Donderdag gesê.
Nuuskommentaar: As daar oorlog is…
Die moontlikheid dat ‘n Maleisiese passasiersvliegtuig met byna 300 mense aan boord oor die separatiste-besette gebied in die Oekraïne naby die Russiese grens neergeskiet is, toon dat daar niks romanties aan geweld is nie. Onskuldiges byt dikwels die spit af.
Foto’s: Trompop botsing eis twee
Twee mense is Donderdag in Brandfort in die Vrystaat dood en ʼn man kritiek beseer nadat twee voertuie mekaar reg van voor getref het.
Vlug MH17 is neergeskiet, sê VSA intelligensie
Die passasiersvliegtuig van Malaysia Airlines wat in die Oekraïne neergestort het, het nie noodroepe gemaak nie en die vlugroete is veilig verklaar.
SAL kanselleer drie vlugte na Hongkong
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het drie vlugte tussen Hongkong en Johannesburg gekanselleer.
R34 m. vir vlae by skole en om volkslied te leer
Die regering gaan R34 miljoen spandeer om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse vlag by elke skool wapper en om almal te leer om die volkslied te sing.
Gedagte vir die dag: Terug na die Bybel
2 Kron 34:15 – “Ek het die wetboek in die tempel gekry”. “Jy is mos ‘n wetenskaplike. Sien jy kans vir ‘n eksperiment?” het die…