Die Vryheidsfront Plus sê die minister van polisie, Nkhosinati Nkhleko, het onderneem om plaasaanvalle en -moorde ‘hoog op die agenda te plaas’ van strategieë vir misdaadbekamping in Suid-Afrika.
Lees meerAlles vir Maandag 21 Julie 2014
Vier sterf na bus in skare inploeg
Vier mense is Maandagmiddag dood nadat ‘n bus buite beheer geraak en in ‘n skare in Randburg ingeploeg het.
Selebi se regskostes moet nog bepaal word
Die proses om vas te stel hoeveel Jackie Selebi, veroordeelde oudpolisiehoof, die belastingbetaler in regskostes skuld is in ‘n “gevorderde stadium”.
R10 m. se kontrak om drie skootrekenaars te vind
Die staat se inligtingstegnologie-agentskap (Sita) het glo ‘n tender van R10 miljoen aan Mzwandile Petros, voormalige Gautengse polisiehoof, se maatskappy toegeken om drie gesteelde skootrekenaars te vind, berig die Sunday Times.
Ouers in hof ná hulle baba in kar los
Die egpaar wat Saterdag in hegtenis geneem is nadat hulle hul twee maande oue babaseuntjie in ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum gelos het, het Maandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.
Kind se sleepdood “harteloos”, wys misdaad is “buite beheer”
Taegrin Morris (4) van Boksburg aan die Oos-Rand se sleepdood word uit talle oorde veroordeel.
Dokter bekommerd ná baba glo in hospitaal brand
Dokters is bekommerd oor die brandwonde wat die vier weke oue Juan Venter glo in die Bertha Goxwa-hospitaal in Germiston opgedoen het nadat een van dié wonde septies geraak het.
Op parool verkrag en moor hy glo
‘n Veroordeelde verkragter wat op parool was, is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 14-jarige meisie verkrag en vermoor het.
JacarandaFM beboet oor hoendergesprek
Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het JacarandaFM beboet oor aanmerkings wat ʼn aanbieder oor ʼn voorval van bestialiteit gemaak het.
11 in hof vir groot renosterstroopsaak
Elf mense, waaronder twee veeartse en drie professionele jagters, het Maandag vlugtig in die Pretoriase hooggeregshof verskyn op aanklagte wat verband hou met renosterstropery, onwettige jag en afpersing.
Woede oor foto’s van vasgekettingde hond
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het bevestig dat hy ondersoek instel oor foto’s wat op sosiale media versprei word van ‘n hond wat voor ‘n SuperSpar-winkel in Benoni aan die Oos-Rand vasgeketting is.
Bussie-ongeluk: Hercules veg dapper voort
Hercules Homan (10), wat onlangs in Hendrina, Mpumalanga deur ʼn minibus getref is, veg dapper voort in die hospitaal en beweeg selfs soms sy tone.
Zuma-broerskind stel groot grondeis in
‘n Broerskind van president Jacob Zuma het ʼn groot grondeis ingestel wat meer as 60 plase in die Impendle-gebied in die KwaZulu-Natalse Midlands raak, het The Citizen Maandag berig.
NW-botsing eis drie
Drie mans is dood en ses mense is beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Sondag in Klerksdorp in Noordwes omgeslaan en verskeie kere gerol het.
Goeie nuus: Ontvoerde seuntjie veilig ná kapingsdrama
Mongezi Phike, die vyfjarige seun van Pretoria wat Dinsdagaand verdwyn het toe kapers met sy pa se motor in Bronkhorstspruit weggejaag het, is Sondagaand veilig en ongedeerd gevind.
Egpaar vas ná hulle baba in kar los
‘n Egpaar van Tzaneen in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hulle hul twee maande oue baba in ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum gelos het terwyl hulle gaan inkopies doen het.
Foto’s: Baba sterf, 10 beseer in botsing
‘n Baba is dood en tien mense is beseer na ‘n botsing tussen ‘n minibustaxi en ‘n motor in Silversands in Kaapstad.
WAT Woord van die Week: kinkel
Daar is ‘n kinkel in die kabel en die vislyn is vol kinkels en jy sit netnou met ‘n kraaines. Die WAT Woord van die Week is “kinkel”
Nuuskommentaar: SA ‘n beter plek as die wêreld?
Die groot gevaar is om mense deurlopend kunsmatig buite konteks met mooi stories tot ‘n vlak van euforie te voer, maar die grootste uitdaging is natuurlik dat elkeen sy bydrae, hoe gering ook al, moet lewer om van Suid-Afrika ‘n beter plek te maak.
Maroela Media Top 20 21 Julie 2014
Tweede kans- Riana Nel As vandag my laaste dag is- Junaita du Plessis Geel rok- Anders Jim Muller-keurspel nr. 1- Rocco de Villiers As ek…