Twee polisiebeamptes is Woensdag gewond tydens ‘n skietgeveg met ‘n groep mans in Dawn Park in die ooste van Johannesburg.
Lees meerAlles vir Woensdag 23 Julie 2014
Vermeende reeksmoordenaar vasgetrek
Die polisie in Limpopo vermoed dat ‘n reeksmoordenaar in die Thohoyandou-area in Limpopo bedrywig was nadat die soveelste lyk naby die Universiteit van Venda gevind is.
Video: “Ons sukkel om te oorleef,” sê Transnet-pensioenarisse
Die minister van finansies voer in die hof aan duisende Transnet-pensioenarisse se menseregte is nie geskend nie.
Renosterstroper swaar gestraf
‘n Renosterstroper is in die Nelspruit-landdroshof in Mpumalanga tot 77 jaar tronkstraf gevonnis.
Vliegtuig stort op Taiwannese eiland neer
Minstens 47 mense is volgens berigte dood nadat ‘n vliegtuig Woensdag naby ‘n lughawe op ‘n klein Taiwannese eiland neergestort het.
Vrystaat-skool se personeel ‘skuldig aan haatspraak’
Die Menseregtekommissie (MRK) het personeel by die Dr. Viljoen Gekombineerde Skool in Bloemfontein skuldig bevind aan haatspraak teenoor bruin en swart leerders.
Sleepdood: “Taegrin wou ʼn ingenieur geword het”
Taegrin Morris, die vierjarige seuntjie van Boksburg aan die Oos-Rand wat wreed aan die hand van kapers gesterf het, wou eendag ʼn ingenieur geword het.
Klank: Eerste Triomf-kliniek in Pta geopen
Die eerste Triomf-kliniek is vanoggend in Pretoria-Wes geopen.
PTA-pediater stabiel
Dr. Anthony Allden, ʼn bekende pediater in die noorde van Pretoria, is in ʼn stabiele toestand in die Montana-hospitaal nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure by sy huis in Amandasig geskiet is.
Vulstasiebestuurder op pad bank toe doodgeskiet
Gerhardt Lindeque (48), die bestuurder van die Engen-vulstasie in Mainweg in Bryanston, is Dinsdagoggend naby sy werksplek doodgeskiet toe hy op pad bank toe was.
SABC2 beboet oor Swartwater-sekstonele
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het SABC2 met R10 000 beboet nadat eksplisiete tonele sonder waarskuwing tydens die heruitsending van die Afrikaanse dramareeks Swartwater gewys is.
Gesprekke kom glo oor selfbeskikking vir die “Boere-Afrikanervolk”
Die Boere-Afrikaner Volksraad sê hy sal binnekort gesprekke met die regering hou oor selfbeskikking vir die “Boere-Afrikanervolk”.
“Meerminne” stuur vrou glo om te moor
Charnice Smith, ʼn 29-jarige vrou van Jan Hofmeyer in Johannesburg, is vir sielkundige waarneming gestuur nadat sy glo deur meerminne aangesê is om ʼn vyfjarige seun aan te val.
Grondeiser “boer met mense”
Die hoofman van die Mhlongo-stam het boere in die Carolina-omgewing in Mpumalanga warm onder die kraag omdat hy grond wat deur ʼn grondeis bekom is, na bewering aan plakkers verhuur en nie daarop boer nie, het Beeld Woensdag berig.
Gedig: Die spel
“Want as jy ly met ‘n lang y, maar eintlik wil lei met e-i, is jy ‘n martelaar, nie die leier nie.” Lees gerus Lizz Meiring se kostelike gedig wat sy spesiaal vir die ATKV/RSG Spel-intervarsity geskryf het.
Slapende man uit vullislorrie bevry
‘n Man wat ‘n uiltjie geknip het tussen kartonbokse in een van San Francisco se herwinningsbakke, het ‘n noue ontkoming gehad.
Boek: 50 Beste uit Vrouekeur 1
Elke boek se resepte is onder vyf temas ingedeel en deel 1 bevat veral trooskos soos beskuit en lekker warm geregte soos soutterte, bredies en pasteie en wat vir seker die winter sal troef.
PTA-pediater tydens huisbraak geskiet
Dr. Anthony (Tony) Allden, ʼn bekende pediater in die noorde van Pretoria, is in die Montana-hospitaal opgeneem nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure by sy huis in Amandasig geskiet is.
Arts wat moor doen aansoek vir parool
Casper Greeff, ‘n tandarts van Kempton Park, se dringende aansoek om of op parool vrygelaat te word of om sy saak te laat terugverwys na die minister van korrektiewe dienste vir oorweging, is Dinsdag onbepaald in die hof uitgestel, berig The Citizen.
Konstabel ontslaan oor aanranding, vloekery
Konst. Marie Els, ʼn beampte by die Hercules-polisiestasie in die weste van Pretoria, is Maandag uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontslaan nadat sy skuldig bevind is aan aanranding en kru taalgebruik.