Die pad na Rosendal naby Clarens neem jou uiteindelik tot by Moolmanshoek. Hierdie private wildreservaat is die 4×4-entoesias se droom. Maroela Motors is onlangs deur GM se Isuzu-manne genooi om hul voertuie hier te toets.
Alles vir Woensdag 23 Julie 2014
Palestyns-Israelse konflik: Vlugte na Israel geraak
Die vuurpyle wat vanuit Gasa op woongebiede en burgerlike teikens in Israel afgevuur word, het daartoe gelei dat die Amerikaanse FAA vlugte na Tel Aviv vir 24 uur opgeskort het.
Vermiste tiener: Man in hegtenis geneem
ʼn 32-jarige man is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die vermeende ontvoering van Dominique Cage (13) van Alberton aan die Oos-Rand.
Nuuskommentaar: Hang hulle!
Sowat 90% van die respondente in Maroela Media se jongste Klikbek-peiling meen die doodstraf is die antwoord op misdaad in Suid-Afrika. Dis nie ‘n verrassing nie, as in ag geneem word dat dit in die konteks gevra is van die dood van ‘n vierjarige wat kilometers ver buite ‘n gekaapte motor gesleep is. Ook op Facebook het die vraag enorme reaksie ontlok.
Vlug MH17: Nederland hou dag van rou
Die regering van Nederland het Woensdag tot ‘n nasionale dag van rou uitgeroep – die dag waarop die eerste vliegtuigbesending van sowat 200 oorledenes van die Maleisiese lugramp bo Oekraïne in Nederland verwag word.
Liggaam met ses skietwonde in reservaat gevind
ʼn Onbekende middeljarige man se liggaam is Dinsdag in ʼn veld by die Suikerbosrand-natuurreservaat naby Heidelberg in Gauteng opgespoor.
Drie in hof oor reuse-wapenvonds
Drie mense wat in hegtenis geneem is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en springstof by ʼn huis in Norwoord, sal na verwagting Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
R100 000 vir sleepdood-kapers
Die polisie het Dinsdag die beloning verdubbel wat hulle uitgeloof het vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die vierjarige Taegrin Morris se moordenaars.
Geen mediese parool vir Anni Dewani se moordenaar
ʼn Man wat skuldig bevind is aan Anni Dewani se moord, se aansoek om mediese parool is afgekeur.
Gedagte vir die dag: Ywer vir die Here
2 Kon 10:16 –“Kom saam met my, dan sal jy my ywer vir die Here sien”. “Sê my wie jou vriende is, en ek sal…