Nog mense is dood ná ʼn ongeluk Vrydagoggend in Rockydrift, Nelspruit, het die departement vir gemeenskapsveiligheid gesê.
Lees meerAlles vir Vrydag 25 Julie 2014
Video: Optog vir Palestyne in Durban gehou
ʼn Paar duisend mense het Vrydag in Durban se middestad ʼn optog gehou ter ondersteuning van Palestyne in die Gazastrook.
Vermeende plaasaanvallers se saak oorgeplaas na hooggeregshof
Die saak teen twee mans van Mpumalanga wat boere in die Malalane-gebied geteister het, is Vrydag na die hooggeregshof oorgeplaas.
Foto’s: Verkragters sit lank
Twee mans van Pampierstad in die Noord-Kaap is Donderdag onderskeidelik gevonnis vir die verkragting van ʼn vyfjarige en ʼn 16-jarige tiener.
Video: Afrikaans is ‘n nasionale bate
Verteenwoordigers van verskeie tersiêre instellings het in Pretoria vergader om die status van Afrikaans as universiteitstaal te bespreek.
Hizbolla kan dalk toetree tot Palestynse stryd
Hizbolla, ‘n Sjiïtiese organisasie, is op die oomblik volskaals in Sirië betrokke waar aan die kant van pres. Bashar al Assad geveg word
Alle vroue en meisies in “Kalifaat” moet besny word
Die jongste fatwa wat uitgereik is, las dat alle vroue en meisies in die “kalifaat”, wat groot dele van Irak en Sirië insluit, die vroulike besnydenis moet ondergaan.
Twee verkeersbeamptes vas vir omkopery
Twee verkeersbeamptes van die Tshwane-metropolisie is in hegtenis geneem nadat hulle glo Donderdagaand ‘n motoris probeer omkoop het.
Tweede verdagte vas ná Vierfontein-plaasaanval
‘n Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die aanval op Buks Swanepoel (82) en sy vrou, Cornelia (80), op hul plaas buite Vierfontein in die Vrystaat.
Redakteursbrief: Hoe lyk jou gemmerbroodmannetjie?
Susan gesels oor Jordan Pelser se gemmerbroodmannetjie en bloedskenk.
Kruger-wildtuin se vyf lekkerste ruskampe
Marianne Styan vertel watter vyf ruskampe in die Kruger-wildtuin vir haar die lekkerste is om by te gaan uitspan. Nog foto’s en die ritsgids volg onderaan die berig.
Departement verdedig hoë pos vir Zuma se dogter
Die departement telekommunikasie en posdienste het die aanstelling van president Jacob Zuma se 25-jarige dogter, Thuthukile Zuma, as personeelhoof van die departement, verdedig.
Paartjie in hof ná speurder se dood
ʼn Egpaar gaan na verwagting Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn in verband met die moord op ao. Ben Strydom, ʼn polisiespeurder, wat doodgeskiet is terwyl hy aan diens was.
Oud-sers.maj. ure lank in PTA aangerand, beroof
Pieter Jooste (55), ʼn voormalige sersant-majoor van die weermagbasis in Thaba Tshwane (Voortrekkerhoogte) in Pretoria, is Donderdag vir ongeveer twee ure lank in Rosslyn in die noorde van die stad deur 10 mans aangehou en gemartel voordat hy beroof is.
Springs-gruwelhuis: Ouers vir eerste keer saam in hof
Die ouerpaar wat glo hul vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangehou en mishandel het, het vir die eerste keer Vrydag saam in die plaaslike landdroshof verskyn.
Woord: opslagsomer
‘n Opslagsomer in die middel van die winter is altyd welkom! Lees gerus waar dié woord, wat ongelukkig onbekend is aan die deursneespeker, vandaan kom.
Woede oor Die Stem is misplaas
Sosiale media is aan’t gons sedert Steve Hofmeyr ’n polities inkorrekte daad gepleeg het deur Die Stem by ’n konsert te sing. Die debat oor óf die sing van die vorige nasionale lied die land verdeel, of nie, is egter misplaas omdat dit die aandag aflei van die harde sake wat Suid-Afrikaners werklik verdeel.
Valke ondersoek regeringsamptenaar vir R1,6 miljard se korrupsie
Die Valke het Vrydag bevestig dat hulle ‘n regeringsamptenaar ondersoek vir korrupsie van nagenoeg R1,6 miljard.
Algerynse-vlugramp: Kans vir oorlewendes skraal
Frankryk se minister van vervoer het Vrydag gesê dit is hoogs onwaarskynlik dat daar enige oorlewendes is nadat Air Algérie se vlug AH5017 in Mali neergestort het.
Bussie-ongeluk: Hercules se begrafnisreëlings bekend
Hercules Homan (10) wat oorlede is ná ʼn minibus hom op ʼn sypaadjie in Hendrina, Mpumalanga getref het, se begrafnisreëlings is bekend gemaak.