Die eerste gevalle van Ebola is Vrydag in Nigerië aangemeld. Nigerië is nou die vierde land in Wes-Afrika wat deur die virus geraak word.
Lees meerAlles vir Saterdag 26 Julie 2014
Video: Ongelooflike optiese illusie
Dit lyk aanvanklik soos ‘n eenvoudige wiel wat in ‘n sirkel draai, maar die video wys uiteindelik ‘n verstommende patroon wat jou mond sal laat oophang. Die video is die afgelope week reeds meer as 3 miljoen keer op YouTube gekyk.
Meer as R1 miljard e-tolskuld
Motoriste in Gauteng wat nog nie vir e-tol geregistreer het nie, skuld meer as R1 miljard aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het die minister van vervoer gesê.
Video: Hond val flou van opgewondenheid
Toe Rebecca Ehalt ná twee jaar vir die eerste keer by die huis opdaag, het Casey, die gesin se Schnauzer-hond flou geval van opgewondenheid.
Bylmoordenaar weer vas ná vrou se moord
Mario Allers (42), wat op parool vrygelaat is nadat hy drie mense in 1999 met ʼn byl vermoor het, het glo Woensdag sy vrou in Roodepoort, Gauteng vermoor, het Beeld Saterdag berig.
Tuinier vas na hy vrou in haar motor aan die brand steek
ʼn Tuinier is in hegtenis geneem nadat hy Donderdag glo ʼn vrou en haar motor in Alberton, Gauteng, aan die brand gesteek het.
Ses vas oor gesteelde skape
Ses verdagtes tussen 22 en 45 jaar oud is Saterdagoggend in Bloemfontein in hegtenis geneem op aanklag van gesteelde skape.
Russiese koerant vra Nederland om verskoning
ʼn Toonaangewende koerant in Rusland het ʼn verskoning op sy voorblad gepubliseer waarin hy vergifnis vra vir die mense van Nederland wat geliefdes in Vlug MH17 verloor het.
Australië stuur beamptes na MH17-toneel
Tony Abbott, eerste minister van Australië, het Saterdag bevestig daar is steeds menslike oorskot op die toneel waar Vlug MH17 van Malaysia Airlines neergestort het.
Saak teen oud-Valke hervat binnekort
ʼn Saak van korrupsie teen twee voormalige lede van die Valke moes Vrydag weens ʼn oorvol hofrol uitgestel word.
Dwelms van bykans R20 miljoen by OR Tambo
Dwelms met ʼn geraamde straatwaarde van bykans R20 miljoen is Vrydag by die OR Tambo Internasionale Lughawe opgespoor.
Tydelike skietstilstand tussen Israel en Hamas
ʼn 12 uur lange skietstilstand het Saterdag om 05:00 tussen Israel en Hamas in die Gasastrook in werking getree.
Gedagte vir die dag: Die Sleuteldraer
Op 1:18 – “Ek het die sleutels van die dood en die doderyk”. “Ai tog, waarom het die sonde dit nodig gemaak dat ons deesdae…