‘n Polisieman is Sondag geskiet en gewond in Hebron, noord van Pretoria.
Lees meerAlles vir Sondag 27 Julie 2014
‘Laat De Kock en Derby-Lewis vry’
Alex Boraine, voormalige ondervoorsitter van die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK), het ‘n beroep gedoen vir Eugene de Kock en Clive Derby-Lewis se vrylating op parool, het die Sunday Times berig.
Meisie sterf ná messteek
‘n 16-jarige meisie is dood nadat sy Sondag verskeie kere met ‘n mes gesteek is in Dobsonville, Soweto.
Nagenoeg 700 vas in Noordwes
‘n Totaal van 696 mense is die afgelope sewe dae op verskeie aanklagte, waaronder moord, in Noordwes in hegtenis geneem.
Grondwethof genader oor politieke partye se donateurs
‘n Aansoek is by die konstitusionele hof ingedien om politieke partye te dwing om hulle donateurs bekend te maak, het City Press Sondag berig.
Transnet sê Rapport se artikel is vals
‘n Onlangse berig in Rapport oor die lot van Transnet-pensioenarisse is onakkuraat, ongegrond en sonder bewyse, sê die maatskappy in ‘n brief wat Sondag in die koerant verskyn het.
Meer as ‘n kwart van kabinetslede het sakebelange
Negentien lede van die kabinet, insluitend president Jacob Zuma, het private sakebelange, het City Press Sondag berig.
Nagenoeg R50 m. aan geskorste staatsamptenare betaal
Nagenoeg R50 miljoen is reeds aan sowat 400 staatsamptenare betaal wat tans op betaalde skorsing is, het City Press Sondag berig.
Koning Zwelithini vat sesde vrou
Koning Goodwill Zwelithini het Saterdag met sy sesde vrou in Ulundi in KwaZulu-Natal getrou, berig die Sunday Times.
Dokter eis na aanval by oord
‘n Dokter van Johannesburg dagvaar Ezemvelo KZN Wildlife vir meer as R11 miljoen nadat hy en sy gesin by ‘n vakansieoord in Kosibaai aangeval is, berig die Sunday Times.
Israel gaan aanvalle op Gasa voortsit na skietstilstand
Die Israelse weermag het Sondag aangekondig dat hy opnuut voortgaan met aanvalle op Gasa nadat Hamas glo te midde van ‘n skietstilstand steeds vuurpyle afgevuur het.
‘Taegrin se dood het die land verenig’
David Makhura, premier van Gauteng, sê die wrede sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris, het die gemeenskap en land herenig.
Beloning ná man op borg glo moor
Die polisie in Gauteng het ‘n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting oor ‘n man wat glo moord gepleeg het nadat hy op borg vrygelaat is.
Trokdrywer verkool in botsing
‘n Man het doodgebrand nadat die vragmotor wat hy bestuur het, vroeg Sondagoggend op die N3 in Germiston gebots en aan die brand geslaan het.
Gedagte vir die dag: Hy is op pad!
Op 1:7 – Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het. “Al die mense…