‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vierjarige seuntjie verkrag het, is Woensdag in die Tonga-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Lees meerAlles vir Woensdag 30 Julie 2014
Lodge-eienaar op plaas buite Thabazimbi vermoor
Die liggaam van Christine Robinson (59) is Woensdagoggend by die Rra Ditau Bush Lodge buite Thabazimbi in Limpopo gevind.
EFF: ‘Ons is nie Nazi’s nie’
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is nie Nazi’s nie en word nie deur Adolf Hitler geïnspireer nie, het die party in ‘n verklaring gesê.
Ebola-virus: ‘Geen rede tot kommer in SA nie’
Daar is geen rede vir Suid-Afrikaners om paniekerig te wees oor die uitbreking van die ebola-virus in Wes-Afrika nie, het die minister van gesondheid gesê.
Tuks-springdood: Man was glo ʼn dosent
Die man wat Woensdagoggend glo selfmoord gepleeg het toe hy van die Geesteswetenskappe-gebou op die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria (Tukkies) gespring het, was glo ʼn dosent.
Vroue staan hul man tydens plaasaanvalle
Twee vroue van Mpumalanga het vandeesweek in twee afsonderlike plaasaanvalle hulself suksesvol teen hul aanvallers verdedig.
Foto’s: Skoolkinders betoog in Jhb-middestad
‘n Groot groep skoolkinders betoog in die Johannesburgse middestad.
Neem 2018 Fifa-toernooi by Rusland af, sê Brittanje
Die Britse adjunk-premier het gesê dit is “ondenkbaar” dat Rusland die gasheer vir die volgende Fifa-wêreldbekereindtoernooi in 2018 kan wees.
Richmond-plaasmoorde: Drie swaar gestraf
Twee mans en ‘n tiener is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis nadat hulle Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) op hul plaas buite Richmond vermoor het.
Drie val boer op wildsplaas aan
ʼn 40-jarige boer van KwaZulu-Natal is beseer toe hy Woensdagoggend op ʼn wildsplaas in die Caperdown-omgewing aangeval is.
Porsche se luukse nuweling
Dis nie aldag dat die top Duitse vervaardiger van luukse motors – Porsche – ‘n nuwe model aan die Suid-Afrikaanse mark bekend stel nie. Maroela Motors was egter onlangs bevoorreg om die bekendstelling van die kompakte nuwe Macan (Indonesies vir tier) in die Wes-Kaap by te woon.
Ses sterf ná bakkie rol
Ses mense is Dinsdagaand dood en drie beseer nadat ʼn bakkie naby Swartberg in KwaZulu-Natal gerol het.
Video: Slim kraai kom vra water
Milos Pesic het dié slim kraai in Supetar in Kroasië afgeneem. Die kraai was dors en het kom water vra.
Hof red Kruis van Ground Zero
‘n Appèlhof in New York het ‘n aansoek deur die organisasie American Atheist, van die hand gewys om die bekende Kruis van Ground Zero te verwyder.
Padwoede-saak: Man wel in hof; naam bekend
Die man wat glo die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het, het Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn.
Nuuskommentaar: Nesskop van Maroela Media
Al ooit gewonder hoe Maroela Media se nuuskommentaar saamgestel en verwerk word? Lees ook hoe die omgewing waarbinne Maroela funksioneer, binne drie jaar drasties verander het, waaronder ‘n deurlopende migrasie van nuusverbruikers na die kuberruim.
Werknemersvertroue daal skerp in tweede kwartaal van 2014
Die komponent vir werknemersvertroue in die Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks (AMI) het in die tweede kwartaal vanjaar skerp tot 33,3 gedaal, nadat dit in die eerste kwartaal 45,2 was.
Nog ʼn persoon in PTA spring glo na sy dood
ʼn Persoon het Woensdag by die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria glo selfmoord gepleeg, minder as ʼn dag nadat ʼn veiligheidswag Dinsdagmiddag by die Menlyn-winkelsentrum ook in Pretoria na sy dood gespring het.
Man ernstig beseer ná buiteband ontplof
Shall Starbuck (20) van Middelburg in die Oos-Kaap het moontlik permanente skade aan sy oë opgedoen nadat ʼn vragmotor se buiteband in sy gesig ontplof het.
Gedig: Potjiekos
Marius Titus se gedig, “Potjiekos”.