‘n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisname van die man wat glo die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het.
Alles vir Woensdag 30 Julie 2014
Foto: Vrou ontklee by Mandela-beeld
‘n Vrou het ‘n opskudding veroorsaak toe sy al haar klere uitgetrek en die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela in Sandton geliefkoos het, berig The Star.
Israel het Hamas onderskat – Israeli-koerant
In ‘n kritiese ontleding het die Israelse koerant, Haaretz, tot die gevolgtrekking gekom dat Israel Hamas se vermoëns onderskat het.
(Ys)koue oorlog woed nou weer voluit tussen Weste en Rusland
“Onder vriespunt” het die Nederlandse koerant, Trouw, Dinsdag die betrekkinge tussen Rusland en die Weste opgesom, na aanleiding van Rusland se houding oor die neerskiet van ‘n Maleisiese passasierstraler oor die rebellebeheerde ooste van Oekraïne.
Gebede vir sieklike Ollie Viljoen
Ollie Viljoen se familie en ander bekendes in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf het die publiek versoek om vir dié bekroonde musikant te bid, wat tans in ʼn hospitaal behandel word.
Man soek oor vriendin se onthoofde lyk
Die polisie in Gauteng is op soek na ‘n man van Turffontein nadat sy vriendin dood aangetref is in hulle huis.
Boek: Lotta se lewe: Bendes, swape en skape
Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings! Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.
Boek: Die dag toe Louis deur ‘n Grop gegryp is
Die dag toe Louis deur ’n Grop gegryp en ingesluk is, het sy suster Louisa geweet sy moet vinnig iets doen om hom weer daar uit te kry. Maar om ’n seuntjie uit ’n Grop se maag te kry, is nie altyd so maklik nie, veral as daar ander vreemde gediertes soos ’n Grommelaar, ’n Gorrelama en ’n Growwerug Gasourus is wat ook lus is vir ’n lekker happie…
Boek: Siobhán van die sirkus
Siobhán verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy ná matriek wil neem”.
Boek: Geloof anderkant Sondag
‘n Groeiende groep gelowiges voel vandag ontnugter en teleurgesteld deur die kerk. Hulle noem hulself steeds Christene, maar kan nie meer met die georganiseerde godsdiens en ‘n strenge kerklikheid identifiseer nie. In “Geloof anderkant Sondag” antwoord die teoloog Julian Müller op hul noodkreet. Hy probeer ‘n nuwe geloofstaal te ontwikkel wat ‘n geloofwaardige teologie vir vandag kan wees.
Diefstal by Interpol-kantoor in Pretoria
Vyf skootrekenaars wat glo sensitiewe inligting bevat, waaronder inligting oor die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se ondersoek, is uit Interpol se kantore in Pretoria gesteel.
Man vandag in hof vir Witkoppen-padwoedeaanval
Die man wat glo die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het, verskyn na verwagting Woensdag in die Randburg-landdroshof.
VSA-dokter met ebola is “swak, baie siek”
Kent Brantly (33), ʼn dokter van Amerika wat die ebola-virus in Liberië opgedoen het, is “swak en baie siek”, het sy kollega Dinsdag aan AFP gesê.
Man sterf in Tulbagh-ontploffing
ʼn Man is Dinsdag in ʼn ontploffing by ʼn fabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap oorlede.
Man uitgelewer oor seksuele aanklagte
Die polisie in Gauteng het bevestig ʼn man is aan Duitsland uitgelewer om daar 37 aanklagte van seksuele mishandeling van kinders in die gesig te staar.
Gedagte vir die dag: God maak nie onderskeid nie
Hand 10:44 – Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het. “Ek het vas besluit. Moenie…