Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het ontken dat Suid-Afrikaanse studente wat medies-verwante kursusse in Indië gaan studeer, gedwing is om ‘n voorbehoedmiddel, wat onder die vel ingeplant word, te gebruik.
Alles vir Donderdag 31 Julie 2014
Rowers plunder politikus se huis
Gewapende rowers het Woensdag in die vroeë oggendure by Zanele KaMagwaza-Msibi, president van die Nasionale Vryheidsparty (NFP), se huis in KwaZulu-Natal ingebreek en haar dogter aangehou.
Woord: knewel
Het jy geweet mens kan praat van ‘n knewel van ‘n kêrel, of dat hy jou met sy knewels kan platslaan? Boonop kan hy nog met ‘n knewel op sy bolip ook rondloop! Lees vandag se Taaltoffie vir meer.
Sanral-voorsitter bedank
Tembakazi Mnyaka, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het met onmiddellike effek bedank, het die departement van vervoer aangekondig.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde, vrot munisipaliteite en AfriForum se 100 000
Dit is trouens ‘n skrikwekkende gedagte waar die land kon gewees het as dit nie vir burgerlike instellings was nie, skryf Herman Toerien.
NVG ondersoek Selebi-saak
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is besig met ‘n interne ondersoek rakende die vervolging van Jackie Selebi, voormalige nasionale polisiekommissaris, berig The New Age.
Vakansieslenter: Speurder vandag begrawe
Ao. Ben Strydom (47), ʼn speurder van die Sinoville-polisiestasie in Pretoria wat doodgeskiet is toe hy ʼn man in verband met ʼn vakansieslenter in hegtenis wou neem, word vandag begrawe.
Sowat 5 500 nuwe grondeise; eisers soek geld
Net minder as 5 500 nuwe grondeise is reeds ingedien, met meeste van die eisers wat vergoeding eis en nie die grond soek nie.
Eskom gaan kragtariewe verder verhoog
Eskom se kragtariewe gaan volgende jaar met meer as die 8%, wat reeds deur die nasionale energiereguleerder (Nersa) goedgekeur is, styg.
Net 9% van munisipaliteite kry skoon oudits
Munisipaliteite en munisipale entiteite in Suid-Afrika het R695 miljoen op konsultante spandeer om hul finansiële state vir die ouditeur-generaal in orde te kry, en steeds het slegs 9% skoon oudits gekry.
Gedagte vir die dag: Slegte wense
Ps 41:8 – Almal wat my haat, staan en fluister oor my, hulle wens my net die ergste toe. “Mag jy jou been breek,” is…