Die bekroonde musikant Ollie Viljoen is Sondagoggend in die ouderdom van 76 oorlede.
Lees meerAlles vir die maand Augustus 2014
SAOG-ministers vergader oor Lesotho
Die ministers van buitelandse sake van drie lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gaan Sondagaand oor die onrus in Lesotho vergader.
EFF gee speaker tot Maandag tyd
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê hy is bereid om Baleka Mbete, speaker van die parlement, tot Maandag te gee om te reageer op hul eis dat sy moet afsien van haar planne om die party se LP’s uit die parlement te skors.
Ysland verbied lugverkeer na uitbarsting naby vulkaan
Ysland het Sondag weer ‘n rooi waarskuwing uitgereik en alle lugverkeer naby sy grootste vulkaan verbied na ‘n nabygeleë uitbarsting.
Tienermeisie vas ná moord op pa
‘n 17-jarige meisie is in Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op haar pa.
Weermag ontken SA troepe probeer Lesotho-staatsgreep fnuik
Die departement van verdediging sê berigte dat Suid-Afrikaanse troepe betrokke was by ‘n poging om ‘n staatsgreep in Lesotho te fnuik is onwaar.
Video: Seuntjie hewig ontsteld oor ma se swangerskap
‘n Video van ‘n ma wat vir haar seuntjie en dogtertjie vertel sy is swanger, word wyd op sosiale media versprei.
Vavi vra Zuma om tot aksie oor te gaan
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, sê president Jacob Zuma moet gehoor gee aan die Openbare Beskermer se aanbevelings of dit in die hof gaan beveg, het die Sunday Times berig.
Vyfjarige met breingewas gevind
Die vyfjarige seuntjie van Engeland wat ‘n breingewas het en sonder toestemming deur sy ouers uit ‘n hospitaal geneem is, is in Spanje gevind.
Veghond red seun van bye
‘n Amerikaanse veghond het moontlik ‘n agtjarige seun van Oregon in die VSA se lewe gered nadat ‘n swerm bye op hom en ‘n groep kinders toegesak het.
Dié paaie gesluit vir konsert by Dieretuinmeer
Paaie in Parktown, Johannesburg sal Sondag gesluit wees weens die Jazz on the Lake-konsert wat by die Dieretuinmeer gehou word.
Shabangu eis verskoning oor ‘leuenaar’-berig
Susan Shabangu, minister in die presidensie belas met vrouekwessies, eis ‘n verskoning van die nuuskanaal eNCA nadat hulle berig het dat sy adjunkpresident Cyril Ramaphosa ‘n leuenaar genoem het.
ANC, DA veroordeel Lesotho-staatsgreep
Die ANC het ‘n beroep op Lesotho se weermag gedoen om sy troepe na hul barakke te laat terugkeer en die regering toe te laat om sy werksaamhede voort te sit.
Twee sterf in KZN-botsing
Twee mense is Saterdag dood en vier is ernstig beseer na twee minibustaxi’s in KwaZulu-Natal gebots het.
Gedagte vir die dag: Help mekaar
Julie moet saam met julle volksgenote trek totdat die Here ook aan hulle, soos aan julle, ‘n veilige woonplek gegee het (Deut. 3:20)
Vyfjarige met breintumor glo deur ouers “ontvoer”
ʼn Vyfjarige seuntjie van Engeland met ʼn breintumor wat sonder dokters se toestemming uit ʼn hospitaal geneem is, kan moontlik nou in Spanje wees.
Lesotho-staatsgreep: Eerste minister het na SA gevlug
Tom Thabane, eerste minister van Lesotho, het Saterdag bevestig dat die weermag deur middel van ʼn staatsgreep beheer oorgeneem het in sy land en dat hy na Suid-Afrika gevlug het.
Foto’s: Drie op Shosholoza Meyl vas oor dwelms
ʼn 72-jarige man en ʼn 49-jarige vrou is Saterdag in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelmmiddels.
Lesotho-weermag ontken staatsgreep
Die weermag in Lesotho sê een soldaat is dood en vier polisiebeamptes is beseer toe militêre magte Saterdag twee polisiestasies ontwapen het.
Paramedikus-ma sterf in Vredenburg-ongeluk
ʼn Ambulans-assistent is Saterdag dood en haar twee kinders beseer ná ʼn ongeluk in Vredenburg in die Wes-Kaap.