Minstens 65 mense is Saterdag dood en talle het ernstige brandwonde opgedoen tydens ʼn ontploffing by ʼn aanleg in China wat motoronderdele aan General Motors verskaf.
Lees meerAlles vir Saterdag 2 Augustus 2014
Derde teregstelling in VSA loop skeef
ʼn Onafhanklike taakspan in Amerika sal die teregstelling van ʼn gevangene ondersoek wat byna twee uur lank geduur en 15 dosisse van ʼn relatief ongetoetsde dwelmmengsel vereis het.
Ebola-pasiënte na Amerika vervoer
Een van die twee Amerikaanse nooddienswerkers wat met die ebola-virus besmet is, land Saterdag in Georgia, Amerika.
Reinach, De Allende haal Bokgroep van 30
Heyneke Meyer het die Sharks se skumskakel Cobus Reinach vir sy vorm beloon deur hom in te sluit in die groep van 30 spelers vir die Rugbykampioenskap. Daar is sewe oorsese Springbokke in die groep, en Jean de Villiers keer terug as kaptein.
Facebook is af, bel die polisie!
Talle gebruikers is só verknog aan Facebook, dat hulle die polisie gebel het toe dié sosialemedia-netwerk se webbedieners Vrydag vir ʼn wyle probleme gegee het.
Video: Lewensgevaarlike sprong is ‘n YouTube-treffer
Ethan Swanson, ʼn professionele waaghals, se gevaarlike sprong is die afgelope drie dae reeds bykans 3 miljoen keer op YouTube gekyk.
Kameelperd-ongeluk: “Ek het niks verkeerd gedoen nie”
Die maatskappy wat die kameelperd vervoer het wat Donderdag dood is, het gesê die brug waarteen die dier sy kop gestamp het, was te laag, het Beeld Saterdag berig.
Carl Pistorius “buite gevaar” ná ongeluk
Oscar Pistorius se broer, Carl, is “buite gevaar” ná ʼn ernstige ongeluk Vrydagaand, het die familie Saterdag gesê.
Vermeende huisrowers vas ná hoëspoedjaagtog
Twee vermeende huisrowers is Vrydag beseer en een in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog en ʼn skietery met metropolisiebeamptes en lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Benoni, Gauteng.
Vrystaat se elektrisiteit nie nou afgeskakel
Eskom het ingestem om die afsluiting van elektrisiteit na verskeie munisipaliteite in die Vrystaat op te skort.
Tukkies-koshuise se voortbestaan gewaarborg
Daar sal geen verandering aan die Universiteit van Pretoria (UP) se koshuise gemaak word sonder dat daar met die koshuise en studente gekonsulteer word nie.
Nog geen besluit oor Du Preez se paroolaansoek nie
Die paroolraad het nog nie ʼn besluit geneem oor Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se paroolaansoek nie, het die departement van korrektiewe dienste Vrydag gesê.
Nooddienste verhoed om brandende gebou te betree
Inwoners het nooddiensbeamptes Vrydag verhoed om ʼn brandende gebou in Johannesburg se middestad te betree, omdat daar glo misdadigers in die gebou woon.
Goeie nuus: Ollie Viljoen uit hospitaal ontslaan
Die bekroonde musikant Ollie Viljoen is Vrydag uit die hospitaal ontslaan.
Gedagte vir die dag: Ware vriende
Mark. 2:2–3: Baie mense het daar saamgedrom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie. Hy was besig om met hulle oor…