Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag uitspraak voorbehou oor ʼn aansoek deur Sanral om die stad Kaapstad te verhoed om dokumente van sy N1/N2 Wynland-tolprojek publiek te maak.
Lees meerAlles vir Dinsdag 5 Augustus 2014
Foto’s: Man beseer toe wipbak onder brug vassit
ʼn 51-jarige man is Dinsdagmiddag beseer toe sy wipbakvragmotor onder ʼn brug in Millwardweg in Johannesburg vasgekeer is.
Foto’s: Papawers herdenk Eerste Wêreldoorlog
Die Tower in Londen het ʼn spesiale uitstalling van keramiek-papawers om die 100 jaar sedert die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog te herdenk. Kyk gerus na die ongelooflike foto’s onderaan die berig!
Aardbewing: Hoë geboue in Vrystaat ontruim
Die Vrystaatse regering het Dinsdag tydens ʼn aardbewing alle staatsdiensamptenare uit Bloemfontein se twee hoogste geboue ontruim.
Plaasmoorde het “onaanvaarbare vlakke” bereik
Die landbou-organisasie TLU SA het Dinsdag gesê plaasmoorde en -aanvalle het toegeneem sedert verlede jaar en het onaanvaarbare vlakke bereik.
Promotor misbruik glo Afrikaanse sangers vir slenter
ʼn Geleentheid wat behoeftige mense sou help, het in ʼn fiasko ontaard nadat ʼn promotor glo bekende sangers se name gebruik het om barmhartige Samaritane ʼn rat voor die oë te draai.
Bejaarde sterf ná Vierfontein-plaasaanval
Buks Swanepoel (81), ʼn boer van die plaas Sterkfontein naby Vierfontein in die Vrystaat, is Maandagaand oorlede nadat hy en sy vrou, Cornelia (80), op 21 Julie daar aangeval is.
Duisende hoenders dood in ongeluk
Duisende hoenders is dood nadat ʼn vragmotor, wat hulle vervoer het, naby Rustenburg in Noordwes omgeslaan het, het die DBV Dinsdag gesê.
Matfield se besering groot terugslag vir Bokke
Victor Matfield is beseer en sal minstens die eerste toets teen Argentinië op 16 Augustus misloop. Lood de Jager sal sy plek op nr.5-slot vul.
Aardbewing: Mynwerkers beseer by Noordwes-myn
Sewentien werknemers is by AngloGold Ashanti se Vaalrivier-bedrywighede in Noordwes beseer na Dinsdag se aardbewing.
Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer
Paramedici het bevestig dat geen werkers in myne in Orkney, Noordwes vasgekeer is na Dinsdag se aardbewing nie.
Meyer stel drie mikpunte vir die Bokke
Kondisionering, skrums en taktiese skopwerk is die drie areas waarin die Springbokke vanjaar moet verbeter as hulle ‘n kans in die Rugbykampioenskap wil hê.
Uitgeruste Carter gaan toetse misloop
Dis nie net baie rugby wat beserings bring nie. Dan Carter, na feitlik `n seisoen se aflê om hom te spaar vir aanstaande jaar se Wêreldbeker, is beslis uit die eerste drie wedstryde van die Rugbykampioenskap wat oor tien dae begin.
PTA-ma veilig in PMB opgespoor
Jeanine Swanepoel (née Rossouw), ʼn 37-jarige ma van Lynnwood in Pretoria wat sedert verlede Woensdag vermis was, is Dinsdag veilig gevind.
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Daar is volgens berigte werkers wat in myne in Orkney, Noordwes vasgekeer is na Dinsdag se aardbewing.
Aardbewing ruk groot dele van SA
ʼn Aardbewing is Dinsdag omstreeks 12:30 in verskeie provinsies landswyd gevoel en het vinnig sosiale media op hol gehad.
Die teenstelling tussen Engelse liberales en Afrikaanse linkses
Die teenstelling tussen Engelse liberales en Afrikaanse linkses het die afgelope tyd besonder opvallend geword, skryf Flip Buys.
Resep: Viskoekies
Die maklikste en lekkerste viskoekieresep ooit!
Uitdrukking: Ruimskoots gee
Die uitdrukking “om ruimskoots te gee” wanneer iemand in groot mate gee, is ontleen aan die skeepvaart. Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting!
Ma word al week lank vermis, moontlik gekaap
Jeanine Swanepoel (née Rossouw), ʼn 37-jarige ma van Lynnwood in Pretoria, word sedert verlede Woensdag vermis en daar word gevrees dat sy moontlik gekaap is.