Eise van miljoene rand kan teen die metaalwerkersvakbond Numsa ingestel word weens die skade wat sake-eienaars gely het in die onlangse staking.
Lees meerAlles vir Donderdag 7 Augustus 2014
Veilig tuis: 10 jaar ná tsunami
ʼn Meisie van Indonesië wat in 2004 deur ʼn tsunami meegesleur is, is 10 jaar later met haar gesin herenig.
Gevaarlike verdagte ontsnap met polisieuniform
Die polisie in Limpopo is steeds op soek na Tshilidzi Nelson Masindi wat Dinsdag uit aanhoudingselle in Thohoyandou ontsnap het.
Vanwyksvlei-verkragter sit lank
Darryl Derek Woest (32) van Vanwyksvlei in die Noord-Kaap is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op nege aanklagte van seksuele misdrywe skuldig bevind is.
Oscar Pistorius-slotbetoë: Roux wys op verskil tussen geloofwaardigheid en betroubaarheid
Barry Roux, vir Oscar Pistorius, het Donderdagmiddag met sy slotbetoog in sy kliënt se moordverhoor begin en “belangrike punte” aan die hof beskryf in ʼn poging om die atleet se onskuld te bewys.
Video: Boere wat besoedel dalk hof toe gesleep
Die departement van waterwese en sanitasie dreig om plaaseienaars én selfs munisipaliteite hof toe te sleep wat bydra tot die besoedeling van riviere.
Man vergruis na hy tussen sleepwaens beland
ʼn Man in sy 40’s is Donderdag in KwaZulu-Natal dood nadat hy deur twee groot sleepwaens vergruis is.
Cradock-juffrou vermis; polisie ondersoek moord
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ‘n saak van moord nadat Theresa Buys, ʼn 43-jarige kunstenaar en onderwyseres van Cradock, vroeër vandeesweek vermis geraak het.
Oscar Pistorius-slotbetoë: Nel fokus op teenstrydighede
Staatsaanklaer Gerrie Nel het Donderdag tydens die staat se slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria gefokus op die beweerde teenstrydighede in Oscar Pistorius se getuienis.
MRK ondersoek ook ‘swart-gesig-foto’
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het aangekondig dat hy ook ondersoek gaan instel ná twee vrouestudente aan die Universiteit van Pretoria (UP) afgeneem is met swart gesmeerde gesigte.
Twee mans doodgeskiet ná hulle egpaar aanval
‘n Boervrou van Greytown, KwaZulu-Natal het teruggeveg nadat sy en haar man Dinsdagaand deur gewapende mans oorval is en haar man in die skouer geskiet is.
Man sterf ná baksteenaanval
ʼn Man is dood nadat hy Donderdag in KwaZulu-Natal glo met bakstene aangeval is.
‘Dit reën Bybelverse’ ná motorfietskampioen in botsing sterf
“Hy is my boeta, ons mis hom verskriklik, maar ons is rustig want ons weet hy sit by die Here se voete”. Só sê ʼn boesemvriend van Hendrik Potgieter, ʼn 31-jarige motorfietskampioen, wat Maandag in ʼn botsing in Middelburg in Mpumalanga dood is.
Medunsa-kampus gesluit oor betogings
Die Universiteit van Limpopo het die akademiese jaar by sy Medunsa-kampus in Ga-Rankuwa onbepaald opgeskort en die studenteraad ontbind te midde van voortgesette betogings by die kampus.
Ondersoekers onttrek weens gevaar van MH17-ramptoneel
Die span ondersoekers onder die leiding van Nederland is Woensdag weens die gevaarlike situasie van die ramptoneel van Vlug MH17 onttrek.
‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors
Die twee vrouestudente wat afgeneem is met swart gesmeerde gesigte, is uit hul koshuis geskors, het die Universiteit van Pretoria (UP) Donderdag gesê.
SAUK verwerp OB se bevindinge oor Motsoeneng
Hlaudi Motsoeneng, die nuutaangestelde bedryfshoof van die SAUK, moet nie gestraf word vir ʼn leuen wat hy 19 jaar gelede vertel het nie, voer die openbare uitsaaier in hofdokumente aan.
Nuuskommentaar: Tuks-“rassisme”, Zwarte Piet en die gollywog
Dit is reg dat Suid-Afrikaners besonder bewus moet wees van opvattings en optredes wat vir ander Suid-Afrikaners wat anders is, aanstoot kan gee.
Resep: Broodjie by braaivleis
Bederf jou gesin gerus met dié lekker broodjie wanneer julle weer ‘n vleisie op die kole gooi!
JHB-pad gesluit oor betoging
Die Johannesburgse metropolisie het Donderdag ʼn beroep op motoriste gedoen om die R554 naby Eikenhof, suid van Johannesburg, te vermy.