‘n Negejarige seun is Vrydag deur ‘n dwaalkoeël getref in ‘n klaskamer by ‘n skool in Lwandle naby Strand in Kaapstad.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 Augustus 2014
Omstredenheid ná uitlatings oor Zuma-verkragtingsaak
Oudregter Zak Yacoob se uitlatings dat hy pres. Jacob Zuma destyds aan verkragting sou skuldig bevind het, het Vrydag vir groot omstredenheid gesorg.
‘Swart-gesig-foto’: UP sê hy sal regverdig optree
Die Universiteit van Pretoria (UP) sê hy sal die voorval rakende twee vrouestudente wat met swart gesmeerde gesigte afgeneem is, op ‘n “regverdige en onpartydige wyse” hanteer.
Man gesoek oor Reigerpark-ontvoering
Die polisie is op soek na ‘n man wat glo die laaste keer saam met ‘n driejarige seuntjie gesien is voor hy glo in Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand ontvoer is.
Staat: ‘Oscar Pistorius is skuldig aan moord’
Oscar Pistorius is skuldig aan die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp, het die staat Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer.
Hier is ‘n mens- Gé Korsten
Die musiekrolprent Lokval in Venisië, waarin Gé Korsten die manlike hoofrol vertolk het, is eerskomende Donderdagaand om 20h00 op kykNet en Kie te sien. Hier…
Driejarige sterf ná skietery
Luke Tibbetts, die driejarige seun wat Saterdagaand in die kop geskiet is in Westbury, in die weste van Johannesburg, is Vrydagmiddag oorlede.
Vierfontein-plaasaanval: Verdagtes nou van moord aangekla
Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die aanval op die Swanepoel-egpaar van Vierfontein in die Vrystaat, gaan nou van moord aangekla word.
Boek: Jy het ‘n keuse
Elke dag moet vroue honderde besluite neem. Watter strategieë kan hulle gebruik om die beste besluite te neem?
Video: Kroningspark se wit plakkers moet trek
Die inwoners van die Kroningspark-informele nedersetting in Krugersdorp moet oppak en trek.
Cradock-juffrou steeds vermis
Die polisie in die Oos-Kaap is steeds op soek na Theresa Buys, ʼn 43-jarige kunstenaar en onderwyseres van Cradock, wat vroeër vandeesweek vermis geraak het.
Taalmoord ons voorland as ons nie baklei nie
Dis maklik om simpatie met ‘n saak te toon wat na aan jou hart lê. Dis net so maklik om iets as onbelangrik af te skryf as dit jou nie persoonlik raak nie. Met hierdie stelling is dit byvoorbeeld vir my as jong Afrikaner-student nie belangrik wat met vlug MH370 gebeur het nie. Dit is vir my egter baie belangrik wat met die Puk gaan gebeur. So ook is die toekoms van my geloof, taal en kultuur belangrik, skryf Hendrik Verryn, ʼn 24-jarige teologiestudent.
AfriForum Jeug bevraagteken UP se optrede oor ‘swart-gesig-foto’
AfriForum Jeug het vandag die Universiteit van Pretoria (UP) se reaksie op die foto van twee vrouestudente wat hulle gesigte swart geverf het, bevraagteken.
Reigerpark-seun glo ontvoer
Cuburne van Wyk, ʼn driejarige seuntjie van Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand, word sedert Woensdag vermis en die polisie vermoed dat hy ontvoer is.
Vrou eis miljoene ná operasie
ʼn Vrou van Noordwes dagvaar die provinsie se LUR van gesondheid nadat daar glo ʼn stuk absorbeerwatte tydens ʼn operasie in haar geslagsdeel agtergelaat is, het The Star Vrydag berig.
Oudregter bevraagteken uitspraak in Zuma-verkragtingsaak
Oudregter Zak Yacoob het die uitspraak in pres. Jacob Zuma se destydse verkragtingsaak, bevraagteken en gesê hy sou Zuma skuldig bevind het, het The Times Vrydag berig.
Hondesiekte in Alberton; talle honde van kant gemaak
Talle honde wat by die Alberton-DBV aan die Oos-Rand gehuisves word, moet van kant gemaak word nadat hondesiekte (distemper) in die omgewing uitgebreek het.
Redakteursbrief: Is daar nog goeie nuus?
Gister publiseer ons die mooiste storie op Maroela Media: Oor ʼn Indonesiese meisietjie wat met haar familie herenig is nadat sy 10 jaar gelede, as vierjarige dogtertjie, deur ʼn tsunami meegesleur is.
Boekbekendstelling: Vier Taaldag met boek oor “die soetse taal”
Kraal Uitgewers vier op 14 Augustus Taaldag by die oudste enkelmedium Afrikaanse skool in die land met die bekendstelling van ’n boek uit die pen van een van Suid-Afrika se vooraanstaande taalhistorici, Jaap Steyn.
Nuuskommentaar: Oordeelsdag naby? Kroniek van ‘n “oorlogskorrespondent”
‘n Bekende dagblad het onlangs ‘n ondersoekende artikel geplaas waarin die moontlikheid dat al die berigte en gerugte van oorloë, die tifone wat gereeld toeslaan, en selfs aardbewings, daarop dui dat die oordeelsdag naby is.