Die beleërde African Bank Investments Limited (Abil) is onder kuratorskap geplaas, het die president van die Reserwebank Sondag aangekondig.
Lees meerAlles vir Sondag 10 Augustus 2014
Sanral: ‘Geen e-tol vir Kaapstad’
Kaapstad sal nie tolhoofweë soos dié in Gauteng kry nie, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Sondag gesê.
NVG bevestig strafregtelike klagte teen drie beamptes
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Sondag bevestig dat hy strafregtelike klagte teen drie senior beamptes aanhangig gemaak het.
Sewe sterf in N12-botsing
Sewe mense het onherkenbaar verkool na ‘n botsing reg van voor op die N12 tussen Christiana en Warrenton.
Vyf beseer na motor teen ambulans bots
Vyf mense, insluitend twee kinders, is Sondag beseer nadat ‘n motor reg van voor teen ‘n ambulans gebots het in Wonderboom, Pretoria.
Man ernstig beseer na trekker omslaan
‘n 34-jarige man is ernstig beseer nadat die trekker waarop hy gery het, op ‘n plaaspad naby Botha’s Hill buite Hillcrest in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Video: Voortrekkers se huldeblyk aan vroue
Die Voortrekkers het Saterdag vir ‘n groot verrassing gesorg by die Irene Village Mall ter viering van Vrouedag.
Zuma-argitek kry kontrak vir Zoeloe-paleis
President Jacob Zuma se argitek het die kontrak gekry om Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini se agtste paleis te ontwerp, het die Sunday Tribune Sondag berig.
Staatsamptenare glo gevra om ANC te befonds
Die ANC het senior staatsamptenare gevra om te help om die party te befonds, berig die Sunday Times.
Man sterf na perlemoen-jaagtog
ʼn Persoon wat na bewering perlemoen ter waarde van R3 miljoen vervoer het, is dood nadat ʼn hoëspoed-jaagtog op die N1 noord van Kroonstad, in ‘n motorongeluk geëindig het.
Twee jong mans sterf in motorfietsongeluk
‘n Motorfietsryer en sy passasier is Saterdag dood na ‘n ongeluk in Hatfield, Pretoria.
Iranese vliegtuig val met 40 aan boord
‘n Klein passasiersvliegtuig met 40 mense aan boord het Sondag kort na dit opgestyg het, in Iran se hoofstad, Tehran, neergestort.
Kind se verbrande lyk in Reigerpark gevind
Die gedeeltelik verbrande lyk van ‘n kind is op ‘n mynhoop in Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand gevind.
Gedagte vir die dag: Doen slegs u wil, Heer
Jeremia 18:2-4: Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat. Ek is toe af na die pottebakker se huis…