Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Laurika Rauch neem die nr. 1-posisie oor met As ek eendag oud is, en Juanita du Plessis sak terug na die tweede plek toe.
Alles vir Maandag 11 Augustus 2014
Oekraïne steeds op mespunt
Terwyl groot kommer heers dat Rusland sy beplande humanitêre sending na die ooste van Oekraïne kan benut om ‘n volbloed-inval te verbloem, het De Bank Nederland gewaarsku dat die oor-en-weer sanksies tussen Europa en Rusland vir Nederland terug in ‘n resessie kan dompel.
Christelike solo-kunstenaars vorm supergroep
Jan de Wet, Willie Joubert, Leon Ferreira en Dewald Gouws het al bekendheid verwerf as solo-kunstenaars, maar hulle het besluit om saam te span en moontlik die eerste Afrikaanse Christelike supergroep, Manne wat glo, te vorm. Hul gelyknamige debuutalbum is pas uitgereik en by die NG-gemeente Valleisig in Pretoria vrygestel.
Nuuskommentaar: Ek is reg, jy is verkeerd
Om uit te pluis wie vriend, en wie vyand in die wêreld is, of eerder behoort te wees, is so verwarrend soos dit vir ‘n verkleurmannetjie moet wees om hom te probeer kamoefleer wanneer hy oor ‘n boksie Smarties loop.
Cradock-juffrou steeds vermis; verdagte in hof vir moord
Marius Isaacs, ʼn 25-jarige man van Cradock in die Oos-Kaap, het in die hof verskyn op aanklag van moord nadat Theresa Buys, ʼn 43-jarige kunstenaar en onderwyseres, verlede Maandag vermis geraak het.
Vrou sterf, 14 beseer in KZN-botsing
ʼn Vrou is dood en 14 mense is beseer nadat ʼn minibustaxi Maandag in die vroeë oggendure teen ʼn vragmotor op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied gebots het.
WAT Woord van die Week: oulap
Die WAT Woord van die Week is “oulap” in die gebruik van “pennie” en ook die uitdrukking: “Oulap se rooi maak mooi”. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind!
DA wil Kuruman-betogers aankla
Die DA beplan om kriminele klagte aanhangig te maak teen betogers in Kuruman in die Noord-Kaap wat kinders verbied om skool toe te gaan.
Netbalspan in ongeluk op pad na toernooi
‘n Netbalspan van Sedibeng in Gauteng was in ‘n ongeluk betrokke terwyl hulle op pad was na die interprovinsiale netbalkampioenskap in Bellville, Kaapstad.
Seuns vermis in see by Paardeneiland
Twee 13-jarige seuns word vermis nadat hulle met ‘n vlot op die Swartrivier gevaar het en in die oop see by Paardeneiland beland het.
Gedagte vir die dag: Voorwaarts Christenstryders
2 Timoteus 2: 3-4: Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus. ‘n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder…