Die Transnet Nasionale Hawe-owerheid sê gerugte dat ‘n skip aan die kus by Richardsbaai gestrand is en dat daar mense aan boord is wat met die Ebola-virus besmet is, is onwaar.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 Augustus 2014
Vrou vertel van verkragting
‘n Vrou het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria ‘n Zimbabwiër uitgewys as die man wat haar drie jaar gelede in haar huis in Rayton, oos van Pretoria, aangerand en verkrag het.
Video: Vrou in Toerbedrog-saak bly in aanhouding
Renette Wright, wat pensioenarisse na bewering uit duisende rand geswendel het, is steeds in aanhouding omdat daar nog vrae is oor haar borgtogaansoek.
Yengeni in hof vir dronkbestuur
Tony Yengeni, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het Dinsdag in die Kaapse distrikshof verskyn op aanklag van dronkbestuur.
Verdagtes ʼn week ná plaasmoord aangekeer
Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Koos Jonker (79), ʼn bejaarde man wat verlede week tydens ʼn plaasaanval in Limpopo vermoor is.
Ja, God bestaan en ek ken Hom
Bestaan God werklik? Is daar bewyse dat God bestaan? Dit is ‘n vraag wat elke persoon hom- of haarself die een of ander tyd afvra en wat die afgelope tyd opnuut in die media onder die loep gekom het, skryf die 15-jarige Carmen Bornman, ʼn tuisskoolleerder van Centurion.
Seun kom op bejaarde ouers se liggame af
Dolf de Lange (67) en sy vrou, Pop (64), se bebloede liggame is Dinsdagoggend in hul meenthuis in Claremont in Pretoria-Wes aangetref.
Polisie genader oor “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans”-pamflet
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus gaan ‘n klag by die polisie indien na aanleiding van die “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.”-pamflet wat verlede week op die kampus versprei is.
Onderhoofseun sê jammer oor pro-Palestynse foto
Joshua Broomberg, onderhoofseun van die King David High School in Victory Park, het om verskoning gevra nadat ‘n foto op sosiale media versprei is waarin hy sy teenkanting wys oor geweld teen Palestyne.
Bejaarde PTA-egpaar dood in meenthuis gevind
Die Pretoria-Wes-polisie is op die toneel by ʼn meenthuiskompleks in Claremont waar ʼn bejaarde egpaar se liggame Dinsdag in hul meenthuis aangetref is.
Humanitêre konvooi na Oos-Oekraïne onderweg
‘n Konvooi van sowat 280 vragmotors is met humanitêre hulp uit Rusland na die ooste van Oekraïne onderweg, nadat Rusland en die regering van Oekraïne ‘n ooreenkoms daaroor bereik het.
Soektog na vermiste Cradock-juffrou verskerp
Die polisie gaan Donderdag die soektog na Theresa Buys, ʼn 43-jarige kunstenaar en onderwyseres van Cradock in die Oos-Kaap, uitbrei indien daar teen dan nog geen teken van haar liggaam in die Visrivier gevind is nie.
Video: Só groet pa sy dogtertjie as hy tuis kom
‘n Video van ‘n pa wat saam met sy dogtertjie dans nadat hy van die werk af tuis gekom het, word wyd op sosiale media versprei.
Elsiesrivier-tienerseuns steeds vermis
Die twee 13-jarige seuns van Elsiesrivier in Kaapstad wat sedert Sondag vermis word nadat hulle met ‘n vlot in die see by Paardeneiland beland het, is nog nie opgespoor nie.
Vrou verloor skade-eis oor MIV-status
Nadine Geldenhuys het ʼn skadevergoedingseis teen die LUR van gesondheid in Limpopo verloor nadat sy beweer het sy is verkeerdelik meegedeel dat sy MIV-positief is, het Beeld Dinsdag berig.
Nuuskommentaar: Kom Ebola ook na Suid-Afrika?
Hoewel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verklaar het dat die huidige uitbraak van Ebola ‘n wêreldwye noodtoestand veroorsaak het, en Dokters Sonder Grense noodoproepe doen omdat hulle nie kan voorbly in die enkele lande waar dit reeds aangemeld is nie, bly berigte oor die aansteeklikheid daarvan en die moontlikheid dat dit na Suid-Afrika kan versprei baie teenstrydig.
Man sterf in tref-en-trap
ʼn Man in sy 30’s is dood nadat hy Dinsdagoggend op die N12 in Benoni aan die Oos-Rand deur ʼn voertuig getref is.
Vier sterf ná trok in groep inploeg wat taxi stoot
Vier mans is dood nadat ʼn vragmotor Maandagaand in Mpumalanga in ʼn onklaar minibustaxi ingeploeg het, terwyl passasiers besig was om dit teen ʼn steilte uit te stoot.
Resep: Klop- en bakkoek
Dit is nou sowaar net ‘n klop- en bakkoek! Baie maklik!
Uitdrukking: Iemand se tande is getrek
As iemand magteloos is, sê ons “sy tande is getrek”. Lees gerus vandag se Taaltoffie vir die fabel agter dié uitdrukking; en leer sommer dat liefde selfs die wildste dier kan tem!