’n Hele paar besonder taai wedstryde word in die tweede ronde van die Curriebeker beslis, waarvan die stryde tussen die Bulle en die WP straks die hoofdis sal wees.
Lees meerAlles vir Donderdag 14 Augustus 2014
Baba gered ná boom op swanger vrou val
Dokters moes Donderdag ʼn noodkeiseroperasie uitvoer toe ʼn swanger vrou gesterf het ná ʼn boom op haar geval het.
Video: Polisieman red vrou wat aan worsbroodjie verstik
Jason Gates word as ʼn held bestempel nadat hy ʼn “roekelose motoris” se lewe gered het nadat sy verstik het.
Geen Ebola in Suid-Afrika
Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Donderdag bevestig daar is geen Ebola-geval in Suid-Afrika nie.
City Power ontken Eskom-skuld
City Power het Donderdag ontken dat hy Eskom R1.08 miljard skuld.
Man het onwettig staatsgrond verkoop
Die departement van menslike nedersettings het Donderdag gesê ʼn man is skuldig bevind op 94 aanklagte van bedrog wat met staatsgrond verband hou.
Zuma antwoord op Nkandla-verslae
President Jacob Zuma het Donderdag sy langverwagte antwoord rakende die opgraderings by sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal by die speaker van die parlement ingehandig.
Tydkapsule met Afrikaanse boodskappe vir nageslag beplan
ʼn Unieke projek, gemik daarop om jongmense se Afrikaanse boodskappe vir die nageslag te bewaar, is Donderdag, op Afrikaanse Taaldag, bekendgestel.
All Blacks kan steeds te sterk wees vir Wallabies
Die Rugbykampioenskap, die toernooi waarna ondersteuners in die Suidelike Halfrond elke jaar die meeste uitsien, is uiteindelik hier.
Wallabies peuter met reëls vir mooier rugby
In ‘n land waar rugby ‘n minderheidsport is, moet jy alles doen om die belangstelling te lok. Dit is hoekom die Aussies proefreëls gaan inspan in hulle nuwe Nasionale Rugbykampioenskap (NRK).
Só help ek die taal leef
“As 18-jarige jongman vereenselwig ek my volkome met die skrywer Lizette Murray wat sê dat jy nie maklik mooier, lekkerder en lewendiger as Afrikaans kry nie!” Jan-Anton Theron, onderhoofseun van die Afrikaanse Hoër Seunskool, het hierdie toespraak tydens Taaldagvieringe op 14 Augustus 2014 by die skool gelewer.
18-jarige en ander gee op Taaldag nuwe hoop vir Afrikaans
“Ons taal se woorde sing. Hulle duikel en slaan bollemakiesie. Hulle rondomtalie; wieg; bekoor. Jy kan hulle wegblaas in die wind, of naderhark om ʼn storm los te praat.” Só sê die 18-jarige Jan-Anton Theron, onderhoofseun van die Afrikaans Hoër Seunskool. Theron het gepraat by Taaldagvieringe wat Donderdag by die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria gehou is.
Man vas ná verkragting, moord by begraafplaas
ʼn 30-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo onlangs ʼn vrou in ʼn begraafplaas in die Oos-Rand verkrag en haar kêrel vermoor het.
Boek: Weermagstories
Ten spyte van die baie aandag wat dit op die sosiale media kry, duur die letsels van die Grensoorlog voort. Baie wit Suid-Afrikaanse mans word steeds geaffekteer. As jy hulle vra om te vertel wat met hulle in dié oorlog gebeur het, bly hulle ontwykend.
Resep: Plaatkoekies
Die lekker ou staatmaker, plaatkoekies. Stapel die plaatkoekies op mekaar met heuning, stroop, konfyt of gerasperde kaas tussenin en sit dit vuurwarm voor.
Halssnoermoorde in Johannesburg
Twee mans is Donderdag in Johannesburg in afsonderlike voorvalle onherkenbaar met buitebande verbrand.
Video: Liefde = dra jou sitplekgordel
Dié advertensie bevat nie bloed en vensters wat breek nie: die organisasie Sussex Safer Roads Partnership in die Verenigde Koninkryk bied ‘n ander kykie op die dra van sitplekgordels.
Drie in hof oor plaasmoord
Drie mans het Woensdag in die Lephalale-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op die 79-jarige Koos Jonker.
Woord: tjankbalie
“Tjankbalie” verwys na ‘n kind wat gedurig of dikwels skree en huil of selfs iemand wat gedurig sanik of altyd vol klagtes en probleme is. Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting.
Video: Griekwastad-moordenaar 20 jaar tronk toe
Meer as twee jaar ná die Goeie Vrydag-moorde op Deon Steenkamp, sy vrou Christel en die verkragting en moord van hulle dogter Marthella, op hulle plaas buite Griekwastad, is die jong moordenaar vir twintig jaar tronk toe gestuur.