Een van die mans wat in hegtenis geneem is na die dood van die driejarige Luke Tibbetts het Maandag in die Newlands-landdroshof in Johannesburg verskyn.
Lees meerAlles vir Maandag 18 Augustus 2014
Toeriste sterf in KZN-ongeluk
Drie mense, insluitend twee toeriste van die VSA, is dood na ‘n botsing reg van voor in die noorde van KwaZulu-Natal.
Man brand dood na hy twee uit huis red
‘n 60-jarige man is dood nadat hy Maandag twee familielede uit ‘n brandende huis in Birchleigh in Kempton Park gered het.
Dodetal styg ná huis in Alberton-landgoed ineenstort
Altesame nege mense is dood nadat ‘n huis Maandagoggend in die Meyersdal Eco-landgoed in Alberton ineengestort het.
SA man toets negatief vir ebola
Die Suid-Afrikaanse man wat in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem is nadat hy as ‘n gesondheid- en veiligheidsbeampte by ‘n myn in Liberië gewerk het, is nie met die ebola-virus besmet nie.
Geen borgtog vir Cradock-juffrou se ‘moordenaar’
Marius Isaacs (25), die man wat verdink word van die moord op Theresa Buys van Cradock in die Oos-Kaap, se aansoek om borgtog is Maandag in die dorp se landdroshof afgekeur.
IS het sterk steun in Den Haag – protes kom
‘n Protesoptog word in Transvaal in Den Haag beplan teen die terreur wat die IS in Irak en Sirië saai.
Ondernemings in Schweizer-Reneke sluit weens betoging oor misdaad
Sommige ondernemings in Schweizer-Reneke moes Maandag hul deure sluit nadat inwoners van die Ipelegeng informele nedersetting buite die dorp se hof oor misdaad betoog het.
Renate Barnard se ope brief aan Jan de Lange
Dit is ‘n feit (wat baie mense te bang is om te erken) dat die huidige toepassing van regstellende aksie meer te doen het met wie jy ken, as met werklike regstelling van die ‘onregte van die verlede’, skryf Renate Barnard in ‘n ope brief aan Jan de Lange.
Skool bied berading ná leerling se dood
ʼn Span van sowat 10 beraders ondersteun leerlinge van Hoërskool Eldoraigne in Centurion nadat een van hul skoolmaats Vrydag in ʼn parkie in Amberfield Glen tydens ʼn skietvoorval dood is.
Agt sterf na huis in Alberton-landgoed ineenstort
Die departement van arbeid het ‘n span inspekteurs gestuur om ondersoek in te stel ná ‘n huis Maandagoggend in Alberton ineengestort het en die lewens van agt mense geëis het.
Vier sterf in taxigeweld
Vier mense is Maandag dood na ‘n skietery in Orange Farm, suid van Johannesburg.
Ondersoek oor ‘verkragting’-speletjie by laerskole
Die Wes-Kaapse departement van onderwys ondersoek bewerings dat laerskoolkinders ‘n nuwe speletjie speel waar hulle verkragting naboots.
Polisiebrutaliteit-video: Twee in hof
Twee voormalige polisiebeamptes wat in Kaapstad afgeneem is terwyl hulle glo ʼn naakte man aangerand het, het Maandag in die hof verskyn.
Foto’s en gedig: Namakwaland se blommeprag
“juliemaand en die familie skryf sal daar blomme wees vanjaar? is vooruitsigte goed of sleg?” Waardeer gerus George Weideman se gedig “Blommekykers” saam met een van ons lesers se foto’s van die mooiste blomme wat Namakwaland vanjaar bied
Man tydens rooftog by JHB-hospitaal geskiet
ʼn Veiligheidswag is Maandagoggend tydens ʼn gewapende roof by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg geskiet en gewond.
Johannesburg ‘onvriendelikste’ stad in die wêreld; Kaapstad een van die vriendelikste
Kaapstad is deur die reistydskrif, Condé Nast Traveler, as een van die vriendelikste stede in die wêreld aangewys terwyl Johannesburg met die titel van die onvriendelikste stad in die wêreld tevrede moes wees.
Talle beseer, vermis ná Alberton-huis ineenstort
Nooddienswerkers is steeds op ʼn toneel in Meyersdal, Alberton in Gauteng waar ʼn gebou Maandagoggend ineengestort het.
Mpuma-boer jaag self om hulp te kry ná skietery
George Brits (77), ʼn boer van Grootvlei in Mpumalanga, is in die waakeenheid van ʼn hospitaal nadat hy Sondagmiddag deur twee rowers geskiet is.
Video: Só sien die son jou
ʼn Video wat jou aanspoor om sonbrandroom te gebruik is die afgelope week reeds bykans 8.5 miljoen keer gekyk.