Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Laurika Rauch is steeds in die nr. 1-posisie, maar Elizma Theron skuif op na die tweede plek…
Alles vir Maandag 18 Augustus 2014
Boek: Ballade vir ‘n enkeling
In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks ‘Ballade vir ’n enkeling’ rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014. Die boek waarvoor almal gewag het.
Boek: Diepsee – ‘n Keur uit die verhale van E. Kotze
Diepsee is ’n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat sedert 1982 verskyn het. Dié uitsonderlike vertellings handel oor die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die eerste bundel se flapteks dit gestel het: “Dit is tydlose verhale waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met deernis blootgelê word.”
Kleinhoewe-moord: “Hy was soos ʼn pa vir my”
Kobus van der Westhuizen (58) is Saterdagaand by sy huis op ʼn kleinhoewe naby Hartbeespoort in Noordwes beroof en vermoor.
Boek: Nina en die funky eksperiment
Lekkerlees avontuurverhaal met raaiselagtige gebeure wat opgelos moet word.
Boek: Draalnoot vir ‘n janfiskaal
‘n Donker, meesleurende tragikomedie.
Vrou sê glo dit was haar man voor sy sterf
Die vrou wat ongeveer 50 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is en by ‘n kantoorpark in Bryanston, Johannesburg vir dood agtergelaat is, het glo kort voor haar dood gesê dit was haar man wat haar aangeval het.
Boek: Lotta se lewe: Wieg, wurm, wieg
Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op ’n ORGANIESE PLAAS vakansie hou. Boonop kan haar blokfluit erdwurms laat dans as sy die regte note speel.
Boek: Speurder Kwaaikofski 9: Die stinkstorie
Bloot ’n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om ’n nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na ’n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in ’n baie gevaarlike situasie.
Kapers jaag weg met dogtertjie
ʼn Dogtertjie is Sondagmiddag vinnig met haar gesin herenig nadat hulle in Danville in die weste van Pretoria gekaap is.
WAT Woord van die Week: pimpel
Het jy geweet mens kan self “pimpel” indien jy sterk drank drink, of selfs ‘n “pimpeltjie” vir iemand skink en dan natuurlik kan iemand jou nog “pimpel en pers” slaan! Lees vandag se Taaltoffie vir meer.
Nuuskommentaar: Terroriste wat die Nobel-vredesprys kry – Wat om met terreur te doen?
Een van die scenario’s oor wat in die Gasa-strook gaan gebeur as Hamas vernietig gaan word, is dat dit deur iets nog meer radikaal vervang sal word.
13 beseer toe trein in Wellington begin brand
Dertien mense is Sondagaand beseer toe hulle van ʼn bewegende trein naby Wellington in die Wes-Kaap gespring het nadat ʼn brand op die trein uitgebreek het.
Poemas laat gevaarliggies brand
Heyneke Meyer het na Saterdag se toets die gewone dinge gesê, maar diep binne-in was hy seker ook bra teleurgesteld oor ‘n paar aspekte van die Bokke se spel.
Kêrel skiet glo meisie dood
ʼn Vrou is Sondag in Protea Glen in Soweto, Gauteng vermoedelik deur haar kêrel doodgeskiet.
Man word in JHB getoets vir ebola
ʼn 37-jarige man wat as ʼn gesondheid- en veiligheidsbeampte by ʼn myn in Liberië gewerk het, is Sondag in ʼn hospitaal in Johannesburg opgeneem om hom te toets vir ebola.
Ventersdorp-tiener verkrag, vermoor
ʼn 24-jarige man sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Ventersdorp verskyn in verband met die moord op ʼn 18-jarige tiener van Ventersdorp in Noordwes.
Gedagte vir die dag: Groot is u trou
Klaagliedere 3:22-23: Die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U…