Dit is vandag Pieter Smith se verjaardag; hier is sy treffer saam met DJ Ossewa.
Alles vir Dinsdag 19 Augustus 2014
Polisieman, sewe ander vas vir renosterstropery
‘n Polisiekonstabel van Hillbrow in Johannesburg en sewe ander verdagtes verskyn vandag in die Modimolle-landdroshof in Limpopo nadat hulle die naweek vir renosterstropery in hegtenis geneem is.
Honderde bring hulde aan Cradock-juffrou
Nagenoeg 300 mense het Maandagoggend hulde gebring aan Theresa Buys (43) van Cradock in die Oos-Kaap, twee weke nadat sy onder raaiselagtige omstandighede verdwyn het.
Nuuskommentaar: Kan SA iets leer uit VSA se rasse-onluste?
Suid-Afrika word graag aangebied as die modelland van hoe verdeeldheid van die verlede tot ‘n vreedsame oplossing gekom het. Verskeie ander lande met soortgelyke probleme het al by Suid-Afrika kom kers opsteek oor die doel en die funksionering van die Waarheid- en versoeningskommissie. In baie kringe sal dit as uiters politiek inkorrek, indien nie politiek roekeloos of provokatief nie, beskou word om die vraag te vra of Suid-Afrika dan iets uit die rasse-onluste in die VSA kan leer.
Betogers versper Oos-Rand-paaie
Die Ekurhuleni-metropolisie het motoriste Dinsdagoggend versoek om sekere paaie in Daveyton in die Oos-Rand te vermy weens betogings in die gebied.
Winkelsentrum-skietery: 4 dood, 8 vas
Agt mans is in hegtenis geneem ná ʼn skietery by ʼn winkelsentrum in die suide van Johannesburg vier mans se lewens geëis het.
PTA-vrou sterf in trokongeluk
ʼn Vrou is dood en twee mense is beseer nadat ʼn motor en ʼn swaarvoertuig Maandagmiddag in Rietondale, Pretoria, gebots het.
Brief oor die see- Hercules en Jasmyn
Hier is die titelsnit van Hercules en Jasmyn se duetalbum, Brief oor die see, wat binnekort tot Maroela Media se Top 20 sal toetree.
Sepie-akteurs gepos oor hulle staak
Die vervaardigers van die sepie Generations het 16 akteurs afgedank omdat hulle gestaak het, het die SAUK Maandag gesê.
Oriani-Ambrosini het glo selfmoord gepleeg
Die IVP-LP Mario Oriani-Ambrosini het “besluit om sy lang stryd teen kanker te beëindig”, het sy familie Maandagaand gesê.
Seun (17) val ooms met byl aan; pa skiet hom
‘n 17-jarige seun het in die Mkobola-landdroshof in Kwaggafontein in Mpumalanga verskyn nadat hy glo sy twee ooms met ‘n byl aangeval het.
Gedagte vir die dag: Besing die lof van Jesus saam
Filippense 2:9-11 – Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in…