Die Amerikaanse regering en familielede van die vryskut-fotojoernalis, James Foley (40), het bevestig dat ‘n video op YouTube wat sy onthoofding wys, eg is.
Alles vir Woensdag 20 Augustus 2014
Minstens 27 dood in Japannese aardverskuiwings
Minstens 27 mense is dood en verskeie word nog vermis nadat hewige reën aardverskuiwings in die omgewing van Hiroshima in Japan tot gevolg gehad.
Video: Taalaktivis hof toe vir wetgewing in al elf landstale
Een van die wêreld se voorste taalregkenners glo die regering het ‘n grondwetlike plig om alle wetgewing in al elf amptelike tale te publiseer.
PTA-man se lyk in kar gekry
Die liggaam van ʼn man, in sy 50’s, is Maandagmiddag in ʼn motor in Elarduspark in die ooste van Pretoria opgespoor.
Plaaswerker met lemoene doodgegooi
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n werker met lemoene doodgegooi het op ‘n plaas buite Tzaneen in Limpopo.
Verkeerde pasiënt kry hartoperasie
‘n 83-jarige vrou wat vir ‘n lugweginfeksie behandel is in die Mediclinic Kimberley, het ‘n hartoperasie ondergaan nadat sy met ‘n ander pasiënt verwar is, het Beeld Woensdag berig.
Plaasaanval in Vryheid: Een dood, vyf vas
Een man is dood, en vyf is in hegtenis geneem ná ʼn plaasaanval Dinsdag naby Vryheid in KwaZulu-Natal.
Bokke speel in Poemas se ‘agterplaas’
Die Springbokke speel Saterdagaand (21:40) in die Poemas se “agterplaas.” Die All Blacks sal hul toets in die hipermoderne La Plata-stadion naby Buenos Aires speel.
Bellville-man dood toe steierwerk ineenstort
ʼn Man is dood en ʼn tweede persoon beseer toe steierwerk in Bellville in die Wes-Kaap ineengestort het.
Man in hof ná vrou se 50 steekwonde
ʼn Man moet Woensdag in die landdroshof in Randburg, Gauteng, verskyn nadat ʼn vrou 50 keer met ʼn skerp voorwerp in Bryanston aangeval is.
Soektog duur voort na vermiste Paternoster-vissermanne
ʼn Soektog duur voort na twee vissermanne wat Maandag in Paternoster in die Wes-Kaap in die see verdwyn het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Dinsdag gesê.
Nelspruit-man het sy broer verkrag
ʼn 36-jarige man is Dinsdag in die Nelspruit-streekshof in Mpumalanga tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy 16-jarige verstandelik gestremde broer verkrag het.
Gedagte vir die dag: Wat ‘n vriend het ons in Jesus
Johannes 15:13 – Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Joseph Scriven (1819-1896), ‘n Ier, was 25…