Toe ek ‘n kind was, was feitlik alle Christelike musiek “veronderstel” om stemmig en gewyd te wees, en toe die eerste hersiening van die Psalm-…
Alles vir Vrydag 22 Augustus 2014
Tutu soek meer swart rugbyspelers
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het gesê Suid-Afrika verdien ʼn Springbok-span wat verteenwoordigend is van sy reënboognasie, het The Star Vrydag berig.
R699-skema se klasaksie-aansoek afgekeur
Die Oos-Kaapse hooggeregshof in Port Elizabeth het ʼn aansoek om ʼn klasaksie-sertifikaat in die R699-motorverkoopskema van die hand gewys.
Nuuskommentaar: Malema en Zuma in die kryt
Met kliniese eenvoud het die EFF daarin geslaag om die president se sak geraamtes in die kas hard te skud.
EFF ‘n “bedreiging vir demokrasie”
Die ANC het Vrydag gesê die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is ʼn bedreiging vir demokrasie. Foto’s van die onderonsie buite die parlement volg onderaan die berig.
Verna Vels oorlede
Verna Vels, die skepper van Liewe Heksie, is Donderdagaand in haar huis in Johannesburg oorlede, berig RSG. ‘n Episode van Liewe Heksie onderaan die berig.
Springs-gruwelhuis: Egpaar weer in hof
ʼn Man en sy vrou wat glo hul vyf kinders vir ʼn paar jaar lank in hul huis aangehou en aangerand het, sal na verwagting Vrydag weer in die landdroshof in Springs verskyn.
Wes-Kaap-treindiens dalk opgeskort weens betogings
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Donderdag gewaarsku dat volgehoue gewelddadige aanvalle op treine in die Wes-Kaap tot ʼn opskorting van dié diens kan lei.
Aardbewing in Johannesburg
‘n Aardbewing het Johannesburg vroeg Vrydagoggend getref.
Foto’s: Olifant keer toeriste se motor om in wildtuin
‘n Olifant het Donderdag toeriste se motor by die Sable-dam in die Krugerwildtuin omgegooi.
Plaasmoord: Drie in hof
Drie mans het Donderdag in die Lephalale-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op die 79-jarige Koos Jonker.
Gedagte vir die dag: Sien die kruis
Galasiërs 6:14 – Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus,…