‘n Vrou is dood en haar gestremde seun is ernstig beseer nadat hulle Sondagoggend deur ‘n vragmotor raakgery is in Bloemfontein in die Vrystaat.
Lees meerAlles vir Sondag 24 Augustus 2014
Daveyton-betogers met traangas uiteengejaag
Die polisie het Sondag traangas gebruik om ‘n skare uiteen te jaag in Daveyton aan die Oos-Rand nadat hulle bande aan die brand gesteek en klippe gegooi het.
Solidariteit nader arbeidshof oor SAPD se diensbillikheidsplan
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê hy gaan die arbeidshof nader ten einde toestemming te kry om met die polisie oor hul diensbillikheidsplan te onderhandel.
Baba in veld gevind
‘n Pasgebore baba is Sondagoggend in ‘n plastieksak in ‘n oop veld in Sophiatown, Johannesburg gevind.
‘Geen bewyse van verkragting-speletjie’
Die Wes-Kaapse departement van onderwys sê ‘n ondersoek het bevind dat daar geen bewyse is dat laerskoolkinders ‘n speletjie wat verkragting naboots speel nie.
SA man in tronk in Ekwatoriaal-Guinee kry bystand
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê hy verleen bystand aan Daniel Janse van Rensburg, ‘n Suid-Afrikaner, wat in Ekwatoriaal-Guinee in die tronk is.
Groot uitdagings wag op Springbokke
Die All Blacks en Australië gaan ’n gans ander uitdaging aan die Bokke bied as Argentinië, wat in twee kragmetings baie, baie moeilik was.
LUR se man verbind aan R33 m se kontrak
‘n Maatskappy wat bande het met die KwaZulu-Natalse LUR vir plaaslike regering se man, het ‘n tender van R33 miljoen gekry om waterpype vir ‘n munisipaliteit te installeer, berig Sunday Times.
Man deur tier aangeval in Gauteng
‘n Man is kritiek beseer nadat hy Sondagoggend deur ‘n tier aangeval is by ‘n sirkus in Rietfontein aan die Wes-Rand.
OB bekommerd oor Zuma se Nkandla-antwoord
Thuli Madonsela, openbare beskermer, sê president Jacob Zuma se antwoord rakende die opgraderings aan sy Nkandla-woning sluit sekere van haar verslag se bevindings en voorgestelde regstellende stappe uit, het City Press Sondag berig.
Een sterf in Jeppestown-brand
Een persoon is Sondag dood toe 40 plakkershutte in Jeppestown, Johannesburg aan die brand geraak het.
13-jarige sterf toe doelhok op hom val
‘n 13-jarige seun is dood nadat ‘n sokkerdoelhok op hom geval het by ‘n skool naby Welkom in die Vrystaat.
Man dood, vrou beseer in KZN-ongeluk
‘n Man is Saterdag dood en sy vrou is ernstig beseer nadat hulle motor omgeslaan en verskeie kere gerol het in Hillcrest, KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: Doen net wat reg is
Deut 2:4 – Hulle is bang vir julle, maar julle moet julle bedwing. “Elke hond kry sy dag, en ‘n brakkie kry twee,” se ons…
Vernederde Bokke skraap deur teen Poemas
`n Bra patetiese Springbokspan het Saterdagaand in Salta met 33-31 teen die Poemas deurgeskraap. Die Argentyne was in elke enkele aspek die beter span – behalwe op die telbord.