Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), se voorlopige sekwestrasie is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel.
Alles vir Maandag 25 Augustus 2014
Skool se rugby “te professioneel”
Hilton College, een van KwaZulu-Natal se topskole, weier glo om teen Glenwood Boys High in Durban rugby te speel, aangesien hulle “te professioneel” is, het The Mercury Maandag berig.
Verkragter op heterdaad betrap
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo oor die naweek ʼn 20-jarige vrou in die Oos-Kaap verkrag het.
WAT Woord van die Week: poelpetaat
Hou jou lyf hierdie week poelpetaat! Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor “poelpetaat”.
Nuuskommentaar: Die saai van haat en radikalisering
In die proses moet daar egter ook onthou word dat dit baie moeilik is om ʼn wilde perd te tem as hy eers uitgebreek het. Die saai van haat en die opkoms van radikalisering is nooit ʼn goeie gedagte nie – nie in Europa of elders ter wêreld nie, en ook nie in Suid-Afrika nie.
Sarel van Sabie oorlede
Sarel Loots, beter bekend as Sarel van Sabie van MasterChef SA-faam, is vroeg Maandagoggend in die ouderdom van 45 oorlede.
Pa sterf, ma en kind (6) kritiek ná botsing
ʼn Man, in sy 30’s, is dood en sy vrou en sesjarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Sondagaand in ʼn botsing met ʼn vragmotor in South Hills, Johannesburg, betrokke was.
Is dit hoe die hemel lyk? -Adam Tas
Dit is vandag Adam Tas se verjaardag; hier is sy groot treffer, Is dit hoe die hemel lyk?
Maroela Media Top 20 25 Augustus 2014
Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Laurika Rauch is weer in die eerste plek, maar ‘n sterk kandidaat vir die nr. 1-posisie,…
Metropolisieman skiet vermeende rower
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte het Maandag in die vroeë oggendure ʼn gewapende man in ʼn huis in Rosettenville geskiet.
Mark Shuttleworth wil appèl aanteken
Die hoogste hof van appèl sal na verwagting ʼn aansoek deur die miljardêr sakeman, Mark Shuttleworth, aanhoor teen ʼn heffing van R250 miljoen wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gehef word, het die Sunday Independent berig.
Koei dood, twee beseer in Vrystaat-ongeluk
Twee mense is Sondagaand beseer en ʼn koei is dood ná ʼn ongeluk op die N5, 30 km buite Bethlehem in die Vrystaat.
Nood te groot vir stadig ry
ʼn Man met ʼn BMW M3 het Sondag aan metropolisiebeamptes gesê hy moet dringend by ʼn toilet uitkom, nadat hy teen 202 km/h gejaag en hulle hom vir spoedoortreding afgetrek het.
Gedagte vir die dag: Wees lief vir mekaar
Johannes 13: 14-15 – As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.