‘n Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ’n baba uit ’n hoogswanger vrou se baarmoeder gesny het, het Dinsdag weer in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn.
Lees meerAlles vir Dinsdag 26 Augustus 2014
Waterkloof-4 se Frikkie moet wag om te hoor van parool
Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof vier, sal ‘n rukkie langer moet wag om te hoor of sy aansoek om weer op parool vrygelaat te word suksesvol was.
Opgeskorte vonnis ná hy glo broerskind verkrag
‘n Man van Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy sy vyfjarige broerskind verkrag het, het Dinsdag ‘n opgeskorte vonnis gekry in die Nelspruit-streekshof.
Video: Brandstofselle voorsien dorpie van krag
Naledi Trust buite Kroonstad in die Vrystaat het die wêreld se eerste dorpie geword wat geheel en al deur brandstofselle van krag voorsien word.
AfriForum oorweeg regstappe na studente Afrikaanse vraestelle geweier word
Die burgerregte-organisasie AfriForum oorweeg regstappe teen die Kaapse Universiteit van Tegnologie se Landboukampus, nadat studente glo geweier is om hulle eksamenvraestelle in Afrikaans te ontvang en te beantwoord.
Room van die rolprentbedryf by Silwerskermfees
Die jaarlikse kykNET Silwerskermfees skop hierdie week af en dit lyk of die Afrikaanse rolprentbedryf weer sy beste voetjie gaan voorsit.
Ryloper met dwelms in bagasie betrap
ʼn Vroulike ryloper is die naweek in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat daar dwelms in haar bagasie gevind is.
Vroue vas oor dwelms by Kaapse lughawe
Twee vroue, onderskeidelik 21 en 51 jaar oud, is by Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat daar dwelms in hul besit gevind is.
EFF-LP’s dalk geskors oor ontwrigting in parlement
Baleka Mbete, speaker van die parlement, oorweeg dit om die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se LP’s te skors nadat hulle verlede Donderdag chaos in die parlement veroorsaak het.
Roudiens vir ‘Sarel van Sabie’ gehou
Sarel Loots, beter bekend as Sarel van Sabie van MasterChef SA-faam, se familie het Dinsdag bekend gemaak dat daar Saterdag ‘n roudiens vir hom gehou sal word.
Gedagte vir die dag: Die doel van swaarkry
Ek sal die roem van die Here sing; die wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie (Ps. 34:3, 6).
Nuwe stelsel by Steve Biko laat siekes toustaan
ʼn Nuwe stelsel wat onlangs by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria geïmplementeer is met die doel om buitepasiënte se wagtyd te verminder, beteken egter dat pasiënte in die vroeë oggendure sonder toegang tot fasiliteite buite die hospitaal moet wag.
Grondwetlike opvolgskikking nodig vir volhoubare demokrasie
Die Suid-Afrikaanse grondwetlike bedeling vier vanjaar sy twintigste bestaan. Hoewel die Grondwet in hierdie tyd meestal aangeprys is as die “beste ter wêreld”, begin al meer mense twyfel of dit wel voldoende beskerming teen die ANC se politieke oormag bied, skryf Flip Buys.
Popster- Wicus van der Merwe
Wicus van der Merwe se jongste album, Popster, is al geruime tyd op die rakke, maar die musiekvideo van die titelsnit is nou eers vrygestel.
Sneeu en bibberweer op pad
Haal maar jou ekstra komberse weer uit die kas, want volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens gaan twee intense kouefronte vandeesweek die land tref.
Brandstofpryse: Motoriste kry goeie nuus
Die departement van energie sal Vrydag die brandstofpryse vir September aankondig met die prys van petrol wat na verwagting met meer as 60c per liter sal daal.
Gebeurlikheidsplan in plek gestel ná ontwrigting in parlement
Die minister van verdediging het Dinsdagoggend aangekondig dat ‘n gebeurlikheidsplan in plek gestel gaan word vir wanneer daar weer ontwrigting in die parlement is.
Nuwe skaars fynbosspesie ontdek
‘n Nuwe skaars fynbosspesie is naby Plettenbergbaai in die Wes-Kaap ontdek.
Min verwag van samesprekings oor Oekraïne
Min waarnemers verwag veel van die hoëvlak-samesprekings Dinsdag oor die Oekraïne.
Valke slaan op nog onwettige diamanthandelaars toe
Die Valke het reeds 26 verdagtes weens ʼn multi-miljoenrandse diamantsmokkelsindikaat in hegtenis geneem en verwag om binnekort nog arrestasies te maak.