AfriForum Jeug het ’n kompetisie begin waarin studente gevra word om ’n “selfie” op dié jeugorganisasie se Facebook-blad of Twitter te deel waarin studente hulle gesigte wegsteek, wat die simboliek oordra dat hulle gekant is teen rasseklassifikasie.
Alles vir Dinsdag 26 Augustus 2014
Nuuskommentaar: Is die ANC nie dislojaal aan die land en grondwet nie?
Die ANC en sy meelopers is lief daarvoor om hul kritici van dislojaliteit teenoor die land te beskuldig. Volgens verskeie ANC-woordvoerders skep volgehoue kritiek op ministers byvoorbeeld by potensiële beleggers die indruk dat die land deur onbekwame mense (om dit baie eufemisties te stel) regeer word, en raak hulle daarom kopsku om te belê.
China en Zimbabwe vat hande
China en Zimbabwe het Maandag verskeie samewerkingsooreenkomste onderteken tydens president Robert Mugabe se besoek aan Beijing.
Resep: Grenadellapoeding
Dié ligte grenadella-poeding maak ‘n mens sommer in ‘n japtrap.
Uitdrukking: Dis klaar met Kees
Wie is dié Kees waarna daar verwys word in die uitdrukking “Dis klaar met Kees” en wat het hy met ‘n liefdesverhaal te doen? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting!
Lonmin ontken afleggings
Lonmin het Maandag ontken dat hy beplan om meer as 5 000 werkers af te lê by sy myne in Marikana buite Rustenburg in Noordwes.
“In ons harte leef hy voort”
“Hy is nie meer met ons nie, maar in ons harte leef hy voort,” het Marius Loots oor die skielike dood van sy broer Sarel Loots, beter bekend as Sarel van Sabie van MasterChef SA-faam, gesê.
ANC: ‘Madonsela se bewerings verregaande’
Die ANC sê Thuli Madonsela, openbare beskermer, se bewering dat haar brief aan president Jacob Zuma deur ‘n senior ANC-leier uitgelek is, is verregaande.