ʼn Een maand oue babadogtertjie van Alexandra in Johannesburg moet ʼn operasie ondergaan nadat rotte drie van haar vingers en ʼn gedeelte van haar neus gevreet het, het The New Age Woensdag berig.
Alles vir Woensdag 27 Augustus 2014
Gospel-Skouspel dié naweek in Kaapstad
Nadat Gospel-Skouspel ‘n maand gelede vir die heel eerste keer in Pretoria aangebied is, word dié gewilde musiekvertoning Saterdagaand in die Grand West-arena in Kaapstad…
Lewenslange tronkstraf vir toordokter wat verkrag
ʼn Sangoma van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Dinsdag lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van twee tienermeisies.
Aurora-bestuurders moet miljoene terugbetaal
Die voormalige bestuurders van Aurora en sommige van hul familielede en vriende moet ʼn bedrag van meer as R15 miljoen aan die maatskappye se likwidateurs terugbetaal.
Paneel sal e-tol ondersoek
ʼn Paneel van die Gautengse provinsiale regering sal van Woensdag af gesprekke voer met die publiek oor die sosio-ekonomiese impak van e-tol.
Gedagte vir die dag: Oppas vir hoogmoed
Wanneer die Here jou God hulle verdryf het, moet jy nie sê: “Die Here het my hierdie land in besit laat neem omdat ek volmaak is” nie, want die Here het hierdie nasies verdryf omdat hulle so goddeloos is (Deut. 9:4).