Die Universiteit van Pretoria het Dinsdag gesê ʼn ondersoek oor die gedrag van twee studente wat huishulp-klere aangetrek en hul gesigte met swart verf gesmeer het, duur voort.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 September 2014
Dagga gerook vóór Andries Pretorius-nasaat se moord
ʼn 19-jarige man van Noordwes het Dinsdag aan die Pretoriase hooggeregshof vertel hoe hy en twee van sy skoolvriende dagga gerook het voordat hulle Beres Jobling (56) op sy plaas naby Brits doodgeslaan en gewurg het.
Klank: Steve sê hou regs
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ʼn GPS met Steve Hofmeyr se stem bekend gestel.
Griekwastad-moorde: Don wil appelleer
Don Steenkamp (18) wat tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moorde op sy gesin in Griekwastad, sal appèl aanteken teen sy uitspraak en vonnis.
OVK se Pansy Tlakula bedank
Pansy Tlakula, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, het Dinsdag bedank.
DA wil Koeberg-kontrak sien
Die DA het Dinsdag geëis om al die dokumente te sien wat verband hou met Eskom se toekenning van ʼn tender ter waarde van R4 miljard om stoomkragopwekkers by Koeberg-kernkragstasie te vervang.
Godsdiens in skole: AfriForum sal skole se regskostes dra
Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangebied om die volle regskostes van skole met ʼn Christelike etos te dra, sou diegene wat gekant is teen godsdiens in skole hulle dreigement uitvoer om dié skole in die hof te probeer dwing om op te hou om godsdiens op skool te beoefen.
10-jarige sterf ná veldrenmotorfietsongeluk
Joshua Jennings, ʼn 10-jarige veldrenmotorfietskampioen van Johannesburg, is Sondag in ʼn motorfietsongeluk by ʼn veldrenbaan in Witbank, Mpumalanga, dood.
Christenwaardes in skole: Verset teen hofaksie gesteun
Die VF Plus steun die hewige versetreaksie teen die beoogde hofaksie wat daarop gemik is om ses Suid-Afrikaanse skole te verbied om Christenwaardes by die skole uit te leef, aangesien dit indruis teen die wese van demokrasie in die land.
Vier Bloemfontein-seuns gevonnis vir verkragting
Vier tienerseuns is in die Bloemfontein-landdroshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn ander seun.
Maties-student beroof, verkrag
ʼn Student aan die Universiteit van Stellenbosch in die Wes-Kaap is glo Saterdagoggend in haar studentewoning verkrag en beroof.
Pa, seuns vas oor liggaam in kattebak
ʼn Pa en sy twee seuns is in Lenasia, suid van Johannesburg, in hegtenis geneem nadat ʼn man glo in hul motor se kattebak gesterf het.
Foto’s: AfriForum betree nuwe fase met nuwe gebou
Steve Hofmeyr en Sorina Erasmus, ook bekend as “die Flooze”, was van die talle gaste wat Dinsdag tydens ʼn spoggeleentheid AfriForum se nuwe hoofkantoor in Centurion ingewy het.
Nuuskommentaar: Nou vir internasionale beregtiging oor “affirmative action” vs. regstellende aksie
Internasionale beregtiging is nou een van die drie opsies wat vir Solidariteit oorbly nadat die grondwetlike hof teen Renate Barnard en Solidariteit beslis het.
Plaaswerker vermoor; polisie daag eers 4 uur later op
ʼn Moordverdagte is nog op vrye voet nadat hy glo oor die naweek ʼn plaaswerker van Mpumalanga vermoor en die polisie glo te bang was om hom in hegtenis te neem.
Renate Barnard-saak: “Ons sal aanhou baklei”
Die vakbond Solidariteit het aangekondig dat hy Renate Barnard se stryd vir geregtigheid nou in nuwe vorme sal voortsit, nadat die konstitusionele hof vandag teen haar beslis het.
Uitdrukking: Met ‘n goue lepel gebore wees
Waarom is ‘n voorspoedige persoon met “‘n goue lepel in die mond gebore”? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar dié uitdrukking vandaan kom.
Reën, wind en Wallabies wag in Perth op Bokke
Behalwe `n Wallabyspan wat opgewerk is ná sy yslike pak slae teen die All Blacks, sal die Bokke Saterdag in Perth waarskynlik ook weer met wind en reën te doen kry.
Resep: Kondensmelkkoekies
Heerlike bros kondensmelkkoekies: net reg vir enige vakansie!
Krieketspeler Norman Gordon oorlede
Die legendariese krieketspeler Norman Gordon is Dinsdag in Johannesburg in die ouderdom van 103 oorlede.