ʼn Man het homself aan die polisie oorgegee nadat hy Maandag glo sy vriend in Johannesburg se middestad met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Alles vir Woensdag 3 September 2014
Twee vas wat polisiehoë wou omkoop
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn Johannesburgse stasiebevelvoerder met R5 000 wou omkoop.
Gedig: Geluk
“…het ons mekaar op ‘n tydstip los van tyd stip aangekyk, gekyk..” skryf Elisabeth Eybers in haar gedig, “Geluk”.
Heyneke kies Strauss, Serfontein vir toets
Die Springbokafrigter Heyneke Meyer het ses veranderinge gemaak aan die span wat in Salta teen Argentinië gesukkel het vir Saterdag se toets teen die Wallabies.
Annermarie- Jurie Ferreira
Hoewel Gerrie Pretorius tien jaar gelede ‘n treffer met Annemarie gehad het, is hierdie opname deur Jurie Ferreira die oorspronklike een. Dit is die Afrikaanse…
As ek eendag ophou droom- Juba
Hier is die musiekvideo van die titelsnit van Juba se nuwe album, As ek eendag ophou droom.
Nóg ‘n Amerikaanse verslaggewer onthoof
IS-ekstremiste het Dinsdag ʼn video vrygestel waarin ʼn tweede Amerikaanse verslaggewer, Steven Sotloff, onthoof word.
Man vas oor polisielid se moord
ʼn 37-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo Saterdagaand ʼn Johannesburgse polisiebeampte gekaap en doodgeskiet het.
Militante liberalisme se aandeel in die opkoms van militante Islam
Die oplaaiende krisis in Irak, Sirië, Libanon en Libië is ’n menslike tragedie wat hom voor die oë van die hele wêreld afspeel. Islamitiese ekstremiste het nou selfs al ’n “kalifaat”, oftewel ’n fundamentalistiese Islamitiese Staat (IS), in dele van Irak, Sirië en Libanon uitgeroep.
Man vas oor ma se moord
ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma in Naturena, suid van Johannesburg, vermoor het.
Nuuskommentaar: Is SA nou erger as IS-terroriste?
Suid-Afrika is nou erger as die IS-terroriste self. Dít is die implikasie van die woorde van monseigneur Shlemon Wardoeni, hulpbiskop van Bagdad.
Twee ‘polisiemanne’ doodgeskiet
Twee mans, wat hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het, is Woensdag in die vroeë oggendure tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die Valke in Midrand, Gauteng doodgeskiet.
Radio Tygerberg vier 21 jaar op die lug
Die gemeenskapradiostasie, Radio Tygerberg, het Saterdag 30 Augustus 21 jaar van bediening in die Kaapstad-omgewing gevier.
Arno Carstens se dronkbestuursaak hervat
Die dronkbestuurverhoor van die sanger Arno Carstens gaan na verwagting Woensdag in die Kaapstadse landdroshof hervat.
Pieter Koen word 40
Die bekende sanger, radio-omroeper en televisieaanbieder Pieter Koen het gister sy 40ste verjaardag gevier. Pieter is oorspronklik van Standerton afkomstig, maar was verbonde aan die…
Baba by ongelukstoneel gebore
‘n Babadogtertjie is Dinsdagaand by ‘n ongelukstoneel op die N2-suid naby die Dickenswegbrug in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal gebore.
Brand by Big Brother-huis in JHB
Die televisieprogram, Big Brother Hotshots, moet uitgestel word na ‘n verwoestende brand Dinsdag by dié huis in Johannesburg uitgebreek het.
Gewapende roof by Kolonnade-sentrum in PTA
Die Telkom-winkel by die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria is Dinsdagaand van elektroniese ware ter waarde van meer as R200 000 beroof.
Gedagte vir die dag: Moenie bang wees nie
Kyk, die Here julle God stel die land tot julle beskikking. Trek in, neem dit in besit so as die Here die God van julle vaarvaders julle beloof het. Moenie bang wees nie, moenie huiwer nie (Deut. 1:21).