Griekwas het die Sharks in Durban op dramatiese wyse 21-18 geklop en hul eerste sege in vanjaar se Curriebekerreeks behaal.
Lees meerAlles vir Saterdag 6 September 2014
Veiligheidswag tydens transitoroof doodgeskiet
ʼn Veiligheidswag is Saterdag doodgeskiet en vier mense is gewond tydens ʼn transitorooftog by ʼn winkelsentrum in Diepkloof, Soweto.
Petisie om “rassistiese” SA-uitstalling in Londen te keer
ʼn Petisie is begin in ʼn poging om te verhoed dat ʼn Suid-Afrikaanse dramaturg se uitstalling oor koloniale onderdrukking in Londen uitgestal word, het Beeld Saterdag berig.
Hersiening van hofuitsprake “ongrondwetlik”
Die departement van justisie sê uitsprake deur die konstitusionele hof en die hoogste hof van appèl sal nie hersien word nie, aangesien dit ongrondwetlik sal wees om dit te doen, berig die Saturday Star.
Springbokke sê koebaai vir die beker
Die Springbokke het Saterdag in Perth die spreekwoordelike nederlaag uit die kake van ‘n oorwinning gered, 23-24 teen die Wallabies verloor en sommer ook koebaai gesê vir vanjaar se titel in die Rugbykampioenskap.
Foto’s: Noue ontkoming ná bakkie teen seekoei bots
ʼn Egpaar het ʼn noue ontkoming gehad nadat hulle bakkie vroeg Saterdagoggend teen ʼn seekoei gebots het buite Nelspruit in Mpumalanga.
Foto’s: AfriForum stap vir plaasmoordslagoffers, oorhandig memorandumv
AfriForum, vriende, familie en lede van die gemeenskap het Saterdagoggend in Thabazimbi, Limpopo ‘n staptog gehou vir die vermoorde Britse burger, Christine Robinson (59), wat op 30 Julie vanjaar op haar plaas vermoor is.
Steve skryf ope brief aan Jaco Oelofse oor sy “EFF(ense)” denke
“Man, ek is lief vir filosofie, is geensins homofobies nie en maak werk daarvan om my geskiedenis te ken.”
Ope brief : Jaco Oelofse se EFF(ense) denke
Man, ek is lief vir filosofie, is geensins homofobies nie en maak werk daarvan om my geskiedenis te ken. En as daar geen konsensuele geskiedenis bestaan nie, is daar geen rede om ander s’n bo myne te kies nie. Laasgenoemde is die verskil tussen die liberale denker en die behoudende een.
Poemas skiet ver tekort teen All Blacks
Die All Blacks het in Napier 28-9 teen die Argentynse Los Pumas geseëvier én vier drieë vir die bonuspunt gedruk.
Tienermeisie doodgeskiet
ʼn 13-jarige meisie is vroeg Saterdagoggend deur twee mans in Protea Glen in Soweto doodgeskiet.
Voetganger 100 m ver gesleep
ʼn Voetganger is dood nadat hy in Krugersdorp deur ʼn motor getref is en glo sowat 100 meter ver gesleep is.
Straatmusikant moet skadevergoeding kry
ʼn Blinde straatmusikant wat deur wetstoepassers in Kaapstad aangerand is, moet skadevergoeding van R300 000 kry, het Beeld Saterdag berig.
LUR erken aanspreeklikheid vir baba se breinskade
Die Gautengse LUR vir gesondheid het aanspreeklikheid erken nadat ʼn seuntjie van die Oos-Rand breinskade opgedoen het omdat hospitaalpersoneel glo versuim het om hom behoorlik te monitor na geboorte, berig die Saturday Citizen.
Video: ‘Reuse-spinnekop’ laat mense spaander
Vir sommiges sal dié poets skreeusnaaks wees terwyl dit ander se grootste nagmerrie is.
Roofverdagte spog glo ma is LP
ʼn Man wat glo tydens sy inhegtenisname gespog het dat sy ma ʼn lid van die parlement is, het in die Bellville-landdroshof in Kaapstad verskyn.
Vliegtuig met egpaar stort in see neer
ʼn Bekende egpaar van New York is vermoedelik dood nadat hulle ligte vliegtuig naby die kus van Jamaika in die see gestort het.
Man sterf in motorfietsongeluk
ʼn Motorfietsryer is Vrydagaand dood na ʼn botsing in Bryanstonrylaan in Sandton, Johannesburg.
Vermiste meisie se liggaam gevind
Die liggaam van ʼn vyfjarige meisie is Vrydag in ʼn veld in Tembisa in Gauteng gevind.
Gedagte vir die dag: Plek van veiligheid
Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op ‘n rots waar ek veilig sal wees (Ps. 61 :3).