ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie verkrag het in Meadowlands, Soweto.
Lees meerAlles vir Sondag 7 September 2014
Vermiste visserman se liggaam gevind
Die liggaam van ʼn 84-jarige visserman het Sondagoggend op die strand by Lambertsbaai in die Wes-Kaap uitgespoel.
Video: Oupa se spesiale geskenk
Familielede het besluit om hul oupa met ʼn spesiale geskenk te verras nadat hulle ouma, met wie hy 63 jaar getroud was, oorlede is.
AfriForum gaan SARU se transformasie-plan namens ’n groep 0/16 rugbyspelers beveg
AfriForum sê hy gaan die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se transformasie-plan, wat vandag deur die Sondagblad Rapport onthul is, internasionaal beveg.
Prof wil bates gryp ná slaggat-ongeluk
ʼn Universiteitsprofessor het met stappe begin om op van die Noordwes-regering se bates beslag te lê aangesien hy nog nie vergoeding ontvang het nadat hy sy ma se begrafnis misgeloop het nie, het Beeld Sondag berig.
Dodetal styg ná ongeluk in Tzaneen
Die dodetal het gestyg ná Saterdagaand se voorval waar ʼn bakkie in ʼn groep mense ingeploeg het terwyl hulle besig was om ʼn seekoei op te kap.
Renosterstropery: Wildtuin kry nuwe opsporingstelsel
Die Krugerwildtuin het ʼn nuwe opsporingstelsel geïnstalleer wat geweerskote kan waarneem en gebruik sal word om renosterstropers vas te vat, het die Saturday Star berig.
OB gevra om Telkom se Maseko te ondersoek
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, is versoek om ondersoek in te stel oor Johannesburgse stadsbeamptes se beweerde ingemeng by die metropolisie se ondersoek na Telkom se uitvoerende hoof, het Business Times Sondag berig.
Polisieman nie meer skuldig ná hy rower doodskiet
Die hof het bevind dat Jerome Earl King redelik opgetree het in die uitvoering van sy pligte. King het in 2007 ʼn rower doodgeskiet nadat laasgenoemde en ʼn makker by die Bonteheuwel-poskantoor ingebreek het.
Oud-adjunkminister ondersoek oor dwelms
ʼn Voormalige adjunkminister word deur die Valke ondersoek vir beweerde betrokkenheid by dwelmhandel, berig die Sunday Indepedent.
Seuntjie verdrink in KZN
ʼn Eenjarige seuntjie het in ʼn swembad in Hillcrest, KwaZulu-Natal verdrink.
Swaar gestraf ná hy seuns beroof, verkrag
ʼn 23-jarige man wat daaraan skuldig bevind is dat hy twee seuns, 11 en 12 jaar oud, beroof en verkrag het, is in die hooggeregshof in Bethlehem in die Vrystaat gevonnis.
Twee motorfietsryers sterf in ongeluk
Twee motorfietsryers is dood nadat hulle deur ‘n bakkie getref is by die Winklespruit-afrit op die N2-noord in KwaZulu-Natal.
Agt dood, 12 beseer toe hulle seekoei opkap
Agt mense is dood en 12 mense is beseer nadat ʼn bakkie Saterdagaand in hulle ingeploeg het op die Ou Constantiapad in Tzaneen, Limpopo terwyl hulle besig was om ʼn seekoei op te kap.
Gedagte vir die dag: Rus in die Here
“Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen”. (Ps. 116:7)