Hier is een van die Alabama-studentegeselskap se treffers van die 1970’s.
Alles vir Maandag 8 September 2014
Jong egpaar kritiek ná botsing
ʼn Egpaar is in ʼn kritieke toestand nadat hulle motor teen ʼn vragmotor gebots het op die N12 naby die Vereeniging-afrit.
Spioenasiebande: Genoeg bewyse om te vervolg, sê Zille
Helen Zille, leier van die DA, sê daar is “voldoende bewyse” op die sogenaamde spioenasiebande om die besluit om korrupsieaanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar, te hersien.
Maroela Media Top 20 8 September 2014
Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Kaleidoskoop is steeds in die nr. 1-posisie, maar Snotkop en Adam Tas skuif op na onderskeidelik die…
“OB is ʼn CIA-agent”
Kebby Maphatsoe, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, het Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, daarvan beskuldig dat sy vir Amerika se sentrale intelligensie-agentskap (CIA) werk, berig The Star.
Meteoriet in Nicaragua hou dalk verband met naby-aardse asteroïde
Dit is moontlik dat die klein meteoriet wat Saterdagaand Nicaraguaanse tyd naby die lughawe van Managua geval het, met die asteroïde verband gehou het wat ongeveer dieselfde tyd rakelings oor Nieu-Seeland getrek het.
Solidariteit begin internasionale veldtog teen staat se rasplanne
Die vakbond Solidariteit het ʼn omvattende internasionale veldtog aangekondig om die staat se regstellendeaksieplanne teen internasionale konvensies te toets.
Nuuskommentaar: As die meteoriet val
Suid-Afrika kan nie maar die blinde oog werp op dit wat elders ter wêreld gebeur, of só sterk op die binnelandse of regionale, Afrika-politiek fokus dat die onverwagse ekonomies, diplomatieke “asteroïede” die land uit die bloute tref nie.
Kinderporno: Man gevonnis
Die vonnisoplegging van ʼn man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-streekhof begin.
Twee vas ná moord op meisie (13)
Twee mans is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 13-jarige meisie doodgeskiet het in Protea Glen, Soweto.
Antwoorde gesoek oor metropolisie-hoë se aanstelling
Die munisipale vakbond Samwu het die Tshwane-metroraad versoek om te verduidelik hoe ʼn senior metropolisiebeampte aangestel is nadat sy na bewering haar kwalifikasies vervals het.
Gedagte vir die dag: Hoe lyk jou liefde?
“Geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” (1 Kor. 13:13)