AfriSake en Agri SA het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, se voorstel om grondbesitbeperkings in te stel as “politieke oëverblindery” en “onwerkbaar” beskryf.
Alles vir Dinsdag 9 September 2014
Polisiekommissaris gaan sê oor rooftogte in Gauteng
Lesetja Mothiba, Gautengse polisiehoof, gaan Dinsdag die media toespreek oor die onlangse vlaag rooftogte by winkelsentrums in die provinsie.
Nuuskommentaar: Zuma (die intellektueel) geen “fabrieksfout”; OB die “spioen”
“Om die OB ‘n spioen vir die CIA te noem is koddig, want dit sou beteken dat elkeen in hierdie land, Julius Malema inkluis, wat meen Zuma se rakleeftyd is verstreke, is eintlik CIA-spioene,” skryf Herman Toerien.
Vlootsoldaat glo by vier gevegte betrokke voor dood
Een van die vier mans wat beskuldig word van die moord op ʼn voormalige vlootsoldaat in die Royal Marines, het glo aan twee mense vasgehou sodat hy hard op Brett Williams kon trap, het die Durban-streekhof gehoor.
Maphatsoe moet bewyse lewer, sê OB
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het Kebby Maphatsoe, voorsitter van die Umkhonto we-Sizwe militêre veterane-vereniging (MKMVV), drie dae gegee om sy bewering dat sy ʼn geheime agent vir die sentrale intelligensie-agentskap (CIA) is, te bewys.
Nóg ‘n rooftog by die Glen-winkelsentrum
ʼn Selfoonwinkel in die Glen-winkelsentrum in Ormonde, Johannesburg is Maandagaand beroof.
Gedagte vir die dag: God gee wysheid
God het aan Salomo baie groot wysheid en verstand gegee en insig in soveel sake as wat daar sand aan die see is (1 Kon 4:29)