Die N3-snelweg tussen Villiers en Warden in die Vrystaat is Woensdagmiddag ure lank gesluit ná ‘n kettingbotsing tussen sewe vragmotors en vyf voertuie.
Alles vir Donderdag 11 September 2014
Nuuskommentaar: Hoekom Oscar-fiksasie te midde van belangriker nuus?
Van vandag af sit ’n groot aantal Suid-Afrikaners weer vasgenael voor die TV en op sosiale media wanneer regter Thokozila Masipa begin uitspraak lewer in die Oscar Pistorius-moordverhoor.
Uitspraak in Oscar Pistorius-moordverhoor verwag
Familielede van Reeva Steenkamp sal Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria wees wanneer regter Thokozile Masipa haar uitspraak begin lewer in die moordverhoor van Oscar Pistorius.
EFF se besware bring nasionale vergadering tot stilstand
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en sy mede-LP’s het Woensdag verhoed dat mosies in die nasionale vergadering aangehoor word.
VUT ontken gewelddadige uitsettings
Die Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT) het ontken dat hy studente by sy Vanderbijlpark-kampus met geweld uit koshuise verwyder het.
Gedagte vir die dag: Nooi die buitestanders
Jesus het ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die aand ’n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie. Nee, as jy ’n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes.” (Luk 14:12-13)